Page 73 - Getroud met 'n Leuen
P. 73
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
huise nie veilig is nie. Walglike ouers wat hulle eie kinders sedeloos en seksueel aanrand. Vir
die kinders kan ‘n boek nie veel help nie, anders as om te sê dit is totaal verkeerd en hulp van
buite is nodig. Maak nie saak wat die ouer sê nie, dit is Onbybels en verkeerd, baie verkeerd!
Dit is nog erger waar die ander ouer daarvan weet, maar blind voortstrompel sonder om die
kind of kinders te help. Dit is ‘n siek lewe, sonder ons Verlosser!
Kinders kan in ‘n mate herken as die ouers, of een van die ouers, toksies is in die sin van
emosionele mishandeling as gevolg van 'n persoonlikheidsafwyking. Elkeen van ons word in
‘n unieke huishouding groot. Dit kan huishoudings met net een ouer wees, beide ouers tot by
aanneemouers en pleegsorgouers. Jy kan reken dat jy in ‘n taamlik gesonde huishouding
grootgeword het, en tog as jy die kennis gehad het, sou jy besef dat daar emosionele
mishandeling en/of persoonlikheidsafwykings was. Jy kan selfs besef dat jou ma of pa of beide
eintlik nooit onvoorwaardelik hulle liefde en sorg oor jou uitgestort het nie. En dit is waar die
toksiet meestal sy ontstaan het. Dit begin al op so vroeë ouderdom soos net na geboorte.
Toksiese ma’s is nie gebore daartoe instaat om liefdevolle oogkontak op 'n konstante basis
met die baba te hê nie. Net so min as wat 'n toksiese man of vrou daartoe in staat is om
liefdevolle oogkontak te hê met hulle wederhelfte. Dit is die een ding wat narsiste nie kan
vervals nie, en dis liefde. Hulle het geen empatie nie, of sal ons 'n klein aanpassing maak
tussen empatie en werklike omgee. Hulle kan nie werklik vir iemand omgee nie behalwe as
dit vervals is nie, en die vervals gedeelte is hulle spesialiteit.
Die afgeskeepte baba sukkel en stoei om daardie band te probeer vestig, en soms kry hy dit
van iemand anders soos byvoorbeeld 'n oppasser wat werklik omgee of miskien kry hy 'n band
gevorm met die pa as dié nie ook toksies is nie, maar dan mag pa’s in toksiese verhoudings
dalk daarvan onbewus (onkundig) wees of hy mag self stoei vir emosionele oorlewing binne
die verhouding. Aan die anderkant van die muntstuk mag daar 'n pa wees wat toksies is, maar
sy invloed op 'n baba is relatief min in vergelyking met die van ‘n ma. Die toksiese invloed van
'n pa speel 'n groter rol in later jare. Die feit is dat so 'n baba begin die lewe met 'n emosionele
agterstand en die kanse is baie goed dat die kind sal ontwikkel in 'n toksiet of 'n empaat* maar
kan natuurlik ook normaal uitdraai. Die dominante ouer binne 'n toksiese huwelik sal feitlik
altyd die toksiet wees. Die rede is voor die hand liggend, die wederhelf is feitlik altyd die
slagoffer en omdat mense oor die algemeen totaal onbewus is van waartoe toksiese mense
instaat is, word die slagoffer oor die algemeen beskou as die probleem. Daarvoor sorg die
toksiet met sy valse en vervalste aard en geaardheid met die hulp van sy goue kind* en sy
vlieënde ape*.
Kinders binne 'n toksiese huwelik groei op binne die milieu van toksiese verdigsels, veral
waar dit by die emosionele aspekte kom. Kom ons is nou maar eerlik oor die Westerse
beskawing van vandag, mense het nie meer ernstige bande met familie nie en ook nie met
grootouers nie. Daar is nie meer 'n gevestigde familiebasis waaruit geleer kan word nie of
waardeur geleer kan word nie, en elkeen is daarop ingestel om sy eie ding te doen, ook by die
opvoeding van kinders. So, al sou familielede sien dat dinge nie noodwendig reg gaan nie, is
die kanse van inmeng gering en met 'n toksiet is die kanse nog minder. Dit sal iets wees soos:
“Jy sal nooit in der ewigheid nie vir my vertel hoe ek my kind moet grootmaak nie!!!!”. Dit
tesame met die feit dat ons vandag nie die Bybel en kerk naby ons hou nie en ook omdat
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 73