Page 70 - Getroud met 'n Leuen
P. 70
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
buitewêreld nie, sy word die bron van ons verskrikking. Eerder as liefde, word ons blootgestel
aan ongesonde emosionele verkragting, chroniese woede en egte verbreking van grense.
Toksiese ouerskap verdraai ons persepsie van die self; in plaas daarvan om die boustene van
'n gesonde selfbeeld gegee te word, internaliseer ons 'n knaende innerlike kritikus en 'n ewige
gevoel van selftwyfel (Walker, 2013).
Die toksiese moeders se wisselvallige verskuiwing in emosies, haar immer-voorwaardelike
liefde, haar konstante skaammaaktaktiek en haar genadelose vergelykings terroriseer ons, en
skep 'n aanhoudende gevoel van angs waar eintlik veiligheid en sekuriteit moet wees. Wat
toksiese ouers almal in gemeen het, is hulle onvermoë om hulle kinders 'n veilige,
koesterende en liefdevolle omgewing te bied. As hulle narsisties gewelddadig is, is hulle
sonder empatie en soms selfs sonder gewete. Hierdie tipe genadelose gedrag het 'n skadelike
impak op kinders se vroeë ontwikkeling, asook die manier waarop hulle die wêreld as
volwassenes navigeer.
Beskaming is 'n taktiek wat die toksiese ma gebruik om te verseker dat haar kinders nooit 'n
stabiele gevoel van identiteit of selfbeeld ontwikkel nie en dit is om te verseker dat hulle nooit
onafhanklik genoeg groei buite die soeke na haar validering of goedkeuring nie. Sy beskaam
haar kinders omdat sy nie akademies, sosiaal, professioneel en persoonlik genoeg bereik het
nie. Sy beskaam hulle vir hulle keuse van loopbaan, lewensmaat, vriende, leefstyl, hulle
manier van aantrek, hulle persoonlikheid, hulle voorkeure – al hierdie dinge en meer kom
onder die soeklig van die toksiese ma. Sy beskaam haar kinders omdat hulle met enige gevoel
van gesag of selfbeskikking opgetree het omdat dit haar gevoel van beheer en mag bedreig.
Deur dit te doen, kweek sy ‘n gevoel in hulle van om nooit goed genoeg te wees, maak nie
saak wat hulle bereik nie.
Soos enige narsis, betrek die toksiese ma driehoekverhoudings onder haar kinders en selfs
hulle eweknieë. Sy vergelyk haar kinders vernietigend met hulle eweknieë en leer hulle dat
hulle te kort skiet in terme van voorkoms, persoonlikheid, gehoorsame gedrag en prestasies.
Sy maak onregverdig twee of meer broers en susters teen mekaar op, vra altyd: Hoekom kan
jy nie meer soos jou suster of jou broer wees nie? Sy wek kompetisie, drama en chaos op. Sy
kan een kind 'n goue kind maak (fokus oormatig op hom) terwyl sy sondebokke van die ander
maak. Hierdie vorm van devaluasie kan 'n pynlike afdruk laat; dit veroorsaak dat haar kinders
hulleself met ander vergelyk as 'n manier om hulle eiewaarde te evalueer.
Die toksiese moeder mikrobestuur en oefen 'n oormatige vlak van beheer uit oor die manier
waarop haar kinders optree en hoe die publiek hulle sien. Haar kinders is voorwerpe en moet
volmaak en op elke manier gepoleer word, solank hulle reputasie of voorkoms net nie haar
eie verwagtinge in die skadu stel nie. Alhoewel sy hulle kritiseer en hulle met minagting agter
geslote deure behandel, wys sy in die openbaar haar kinders af asof hulle spog besittings is.
Sy spog oor hoe klein Fanie altyd A’s kry en hoe haar liefling Sarie die mooiste dogtertjie in
die dorp is. Agter geslote deure vermaan sy egter vir Fanie vernederend oor wat hy nog moet
bereik in die lewe en verwyt sy vir Sarie oor haar gewig probleem.
Dit is algemeen dat toksiese moeders met hulle kinders meeding, veral hulle eie dogters. Die
toksiese ma sal waarskynlik haar eie voorkoms en seksuele bekwaamheid oorwaardeer.
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 70