Page 75 - Getroud met 'n Leuen
P. 75
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
Die groot dilemma vir ons is dat daar in die meerderheid van die soort van wegdryf van God
altyd ook nog 'n godsdienstige draad of 'n soort van godsdienstigheid bygehou word om dit
amper soort van reg te wil maak. In hierdie besonderse huishouding was daar 'n ma wat baie
godsdienstig was en 'n pa wat baie afwesig was, nie net het hy lang ure gewerk nie, hy was
ook geestelik afwesig. Tussen die twee ouers was nie veel van 'n band nie, dus was liefde vir
die kinders hoofsaaklik selektief as daar nog enigsins aandag aan hulle gegee is op die
emosionele vlak.
Die ma was besonders rigied, Bybels korrek maar in alle opsigte baie meer bekommerd oor
haar eie geestelike en fisiese welstand as die van die kinders. Van werklike liefde was daar nie
regtig sprake nie. Die beginsel van kinders word gehoor en nie gesien nie was naastenby aan
die orde van die dag. Sy het op 'n manier op die ouer kinders gesteun vir emosionele
ondersteuning asook vir hulp om die vaderlike pligte te doen soos herstelwerk, onderhoud en
sulke take. Buiten vir die middagmaal waarvoor sy verantwoordelikheid geneem het, was die
ander maar oorgelaat aan die ouer kinders. Die kinders was nie toegelaat om uiting te gee aan
enige woede of emosies nie want dit was onchristelik. Fliek toe gaan dieselfde. Enige
vergelyking met ander familie en maats se ouers was taboe. Daar is geen konstruktiewe
kommentaar gegee nie, of aanmoediging nie, net die waarskuwing dat die Here die sal straf,
sleg sal straf, as hulle nie hard leer nie, altyd hulle beste doen nie, nie hulle vader en moeder
eer en gehoorsaam nie. Die pa was nog steeds afwesig in feitlik alle opsigte. Nooit 'n
sportbyeenkoms van die kinders bygewoon nie, want hy het te hard gewerk. Die kinders was
nooit die opsie gegee om self te besluit watse klere hulle wil koop nie, watter kleur hemp of
broek of rok of watse skoene nie. Daar was nie 'n bespreking rondom hoeveel van 'n item nodig
was nie, dit was alles gedikteer. As enige van hierdie goed aangeroer was, dan was die kinders
aanmatigend of astrant en die nodige straf of dreigemente uitgedeel. Diegene wat die boek lees,
kan self aan die einde besluit of hulle goeie ouers was of narsiste!
Kinders Van Toksiese Ouers.
Kinders van toksiese ouers ontwikkel ander persoonlikheidsafwykings in groot getalle, of is
narsisme die tipiese uitkoms?
Daar is baie moontlike uitkomste vir kinders van toksiese ouers, maar 'n gemeenskaplike
draad is dat kinders van toksiese ouers geneig is om 'n gevoel van 'hiperbewustheid/hiper-
waaksaamheid' te ontwikkel, wat nodig is om in 'n toksiese huishouding te oorleef. Die rede
hiervoor is dat kinders moet leer om die mees subtiele tekens op te tel dat die ouer dalk nie
in 'n goeie bui is nie, sodat hulle daardie persoon taktvol kan vermy om nie 'n teiken vir
geestelike / fisiese mishandeling te word nie. Die kinders ontwikkel ook posttraumatiese
stresversteuring (PTSV*) en angs, aangesien hulle grootgeword het en gevoel het hulle het
geen beheer oor hulle omgewing wat giftig en gewelddadig is nie. Hierdie gevoel van
'hulpeloosheid' skep baie stres en angs waarvan die kind nooit ten volle herstel nie.
Wanneer die kinders van narsiste volwassenes word, sal baie van hulle (maar nie almal nie)
óf empate óf narsiste word. Empate en narsiste is pool teenoorgesteldes, gegewe dat empate
baie empatie het en mense ‘heelmakers’ is, terwyl narsiste baie laag is in empatie en mense
vernietigers is. Empate en narsiste deel egter ook baie eienskappe, insluitend dat hulle albei
trauma in die vroeë kinderjare ervaar het waarteen hulle hulpeloos gevoel het, en hulle het
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 75