Page 79 - Getroud met 'n Leuen
P. 79
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
in deur hulle met hulle eie te vergelyk, asook deur agterbakse komplimente en ander
onderduimse opmerkings.
Verborge narsiste is meesters van nonchalante verontagsaming. Hulle sal enige taktiek
gebruik om te kan sê dat hulle belangriker is as jy, en daarom is hulle altyd daarop uit om aan
te dui hoe onbelangrik jy is, en om jou onbelangrik en klein te laat voel. Hulle weet natuurlik
dat hulle jou aan 'n leiband het, en wil jou nou en dan herinner deur te wys wie die baas is.
Hulle wil hê jy moet weet dat hulle nie omgee vir jou tyd of jou gevoelens nie. Narsiste hou
daarvan om die kollig op hulleself te hê, selfs al is daardie kollig net die aandag van 'n enkele
persoon. Dit behels die manipulering van die mense in hulle lewens om te glo dat niemand se
tyd, wil of behoeftes saak maak behalwe hulle eie nie. So, terwyl 'n ekstroverte toksiet openlik
kan eis dat jy by hulle wense hou, doen 'n verborge toksiet dit stadig, versigtig, gewetenloos
en agterbaks.
Met verloop van tyd breek hulle jou selfrespek versigtig af en uiteindelik verteer hulle al jou
tyd en al jou behoeftes en maak hulle asof jy bloot ‘n verlenging van die toksiet self is. Hulle
doen dit deur laat te kom vir vergaderings, hulle verander planne goedsmoeds, hulle hou nie
by beloftes nie, en ignoreer selfs boodskappe net om hulle inherente minagting te wys. Om
dit plat en pertinent te stel, hulle ignoreer hulle slagoffer se bestaan en sal alles in hulle
vermoë doen om dit gewetenloos en met minagting te doen.
Verborge narsiste doen absoluut niks as daar nie iets vir hulle self daarin is nie. Hulle skenk
nie iets aan die armes nie as daar nie ‘n geleentheid is om vir ander daarvan te vertel oor hoe
goedhartig hulle is nie. Dit is alles deel van die front wat opgehou moet word, hulle moet
bewonder word vir hulle vrygewigheid sowel as hulle rykdom. Hulle wil hê jy moet weet dat
hulle 'n goeie persoon is, maar hulle sou nie die goeie daad uitgevoer het as hulle nie die
geleentheid gehad het om jou of enigiemand anders daarvan te vertel nie. Altruïsme is
veronderstel om 'n onbaatsugtige daad van goedhartigheid en liefde te wees. Dit moet
daaroor gaan om ander mense te help en hulle lewens te verryk ten koste van 'n deel van
jouself, onvoorwaardelik onselfsugtig, maar nie vir ‘n toksiet nie.
Narsiste kan nie met mense empatie hê nie en sien nie die behoefte om ander te help as dit
niks doen om hulleself te bevoordeel nie. Terwyl ekstroverte narsiste nie eens gepla sou
gewees het met die kopspeletjies nie, gee verborge narsiste baie om oor die manier waarop
ander mense na hulle kyk en van hulle dink. Hulle wil hê hulle sosiale netwerk moet weet elke
keer as hulle 'n goeie daad gedoen het, omdat die goeie daad nie vir die ontvanger is nie; dit
is vir hulle om hulle eie bonus punte in te samel. Dit is die mense wat, wanneer hulle ‘n fooitjie
by die koffiewinkel los, wag totdat soveel mense as moontlik in die tou staan om te sien
hoeveel geld hulle vir die fooitjie gelaat het.
Verborge narsiste skep situasies waarin hulle vertwyfeling skep by die slagoffer oor
geloofwaardigheid van emosies en werklike insidente. Hulle wil hê jy moet onseker voel oor
dit waarin jy glo en wat jy verstaan. Hulle wil hê jy moet jou werklikheid en jou persepsies
bevraagteken, en sodoende wil hulle hulle eie menings en begeertes verder in jou vestig en
versterk. Verborge narsiste hou daarvan om ander mense te verwar. Hulle hou daarvan om
die selftwyfel te sien wat ander mense ervaar wanneer hulle gedagtes en persepsies
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 79