Page 84 - Getroud met 'n Leuen
P. 84

NabasDiep    VERLIEF OP 'n LEUEN


                Agter  hierdie  drang  na  "spesiaal  wees"  is  egter  dikwels  'n  brose  selfbeeld  met  ernstige
               verhoudings,  vertroue  en  sekuriteit  kwessies.  In  verhoudings  en  in  lewensituasies  doen
               sommige histrioniese narsiste "toetse" om te sien of mense bereid is om "die ekstra myl te
               loop" om hulle te dien, te paai of te red en sodoende hulle brose selfwaarde te bevestig.
               Ongelukkig is die probleem met voortdurend op soek te wees na erkenning van buite, dat 'n
               mens nooit werklik tevrede sal wees met jouself aan die binnekant nie. Vir die histrioniese
               toksiet hou die tydelike bevrediging van eksterne goedkeuring nooit op nie, en dit is nooit
               genoeg nie.

                                                                           Aangesien    die   histrioniese
                                                                           toksiet se primêre fokus in die
                                                                           lewe      goedkeuring       en
                                                                           selfbevrediging  is,  word  ander
                                                                           mense  se  gedagtes,  gevoelens
                                                                           en prioriteite dikwels  met  min
                                                                           of       geen       oorweging
                                                                           verontagsaam      (tensy    die
                                                                           histrioniese  toksiet  iets  van
                                                                           hulle  wil  verkry).  Hierdie
                                                                           narsiste  het  ‘n  ongelooflike
                                                                           vermoë om empatie te vervals
                                                                           sodat  dit  opreg  en  waar  lyk,
                                                                           maar  in  wese  is  hulle  totaal
                                                                           gebrekkig aan empatie en aan
                                                                           omgee  vir  ander.  Gemeet  aan
                                                                           normale  mense  se  vlakke  van
                                                                           omgee,  is  daar  by  hulle  geen
                                                                           sprake daarvan nie. Een van die
                                                                           opvallendste  eienskappe  van
                                                                           sommige histrioniese narsiste is
                                                                           hulle  vermoë  om  menslike
                                                                           swaarkry  te  sien  (hetsy  in
                                                                           persoonlike       lewe       of
               samelewing in sy geheel), maar dit bloot net af te skud, en selfs misnoegdheid uit te spreek
               of selfs minagting as ander se probleme indruis teen hulle selfsugtige idees.
               Baie histrioniese narsiste veronderstel dat die wêreld net om hulle wentel, en is vinnig om
               grense te oorskry en mense vir persoonlike gewin te manipuleer en hulle regte te betree.
               Hulle teiken dikwels individue wat hulle sielkundig, emosioneel, fisies, seksueel, materieel
               en/of finansieel kan uitbuit. Sodra die histrioniese toksiet klaar voordeel getrek het uit die
               slagoffer, kan hulle aan beweeg sonder 'n tweede gedagte. Histrioniese narsiste bou nie ‘n
               verhouding nie. Hulle gebruik net. Onthou... hulle is die mees vaardige manipuleerders omdat
               hulle hulle slagoffer heeltemal ontwapen. Hulle kom deur goedheid, nuttigheid, 'n masker
               van  onskuld  en  sjarme.  Hulle  masker  is  die  “ soet,  onskuldige,  prettige,  energieke,  mooi,
               'nuttig vir wie dit nodig het' goeie vrou of man.”



               * Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter.                                     84
   79   80   81   82   83   84   85   86   87   88   89