Page 86 - Getroud met 'n Leuen
P. 86

NabasDiep    VERLIEF OP 'n LEUEN


               om  jou  met  vals  sjarme  te  manipuleer  tot  reg  in  hulle  kloue  deur  ‘n  ongelooflike  goed
               nagemaakte verliefdheids aura te skep waarin die slagoffer vasgevang en benewel word. Hier
               word sy aanslag aangehelp deur ‘n stuk gereedskap wat hy liefdesoorweldiging* noem, waar
               hy enige iets sal doen om ware liefde na te maak. As die slagoffer eers op ‘n romantiese vlak
               na die toksiet begin kyk, dan het hy ‘n basis van vertroue geskep en daarmee kan hy nou diep
               begin delf in die gedagtes en wese van die slagoffer. Alles wat waardevol is vir hom sal hy
               uitsuig en in homself bewaar vir latere gebruik. Dit is wat ‘n introverte toksiet so gevaarlik
               maak. Hy gebruik hierdie inligting vir manipulasie en mishandeling, en dit is vooruit beplan en
               dit is gewetenloos.

               Alle  normale  mense  wat  in  ‘n  verhouding  betrokke  raak  of  daarnatoe  groei,  wil  altyd
               bevestiging kry van die teenparty dat hulle ook besig is om gevoelens te ontwikkel. As die
               toksiet nou bevestig en met vals dade van ‘intens verlief wees’ vorendag kom, dan maak die
               slagoffer haarself oop en word selfs meer kwesbaar as gevolg van die toksiet se kategoriese
               bevestiging dat hy sterk identifiseer met die slagoffer, dat hulle soveel in gemeen het en dat,
               volgens die narsis, daar liefde in wording in die verhouding is. Dit is dan wanneer die toksiet
               in die siel van die slagoffer inkruip en dis van waar hy sy afpersing en verwoesting begin. Dit
               is nie 'n persoon wat ons wil leer ken vir die regte redes soos in 'n soort menslike verhouding
               of band nie – dit is 'n vaste roetine wat 'n toksiet gebruik om jou in hulle strik van mishandeling
               te vang. Ons ken almal mense daar buite wat voordeel sal en kan trek uit ander mense, maar
               ons het nooit regtig besef dat daar 'n psigopatiese gedierte van hierdie aard en graad bestaan
               nie, nog minder besef dat hy so onsigbaar in sy manipulasie is. Hy het ‘n agenda om die
               slagoffer se vertroue te gebruik om iets te kry vir homself wat hy met sy hele wese begeer,
               naamlik die goedheid van sy slagoffer. Sy slagoffer is immers iemand wat hy uitgesoek het
               met die opsetlike doel om al sy eie tekortkominge te versadig. Dit is  toksiese voorraad* op
               sy heel beste.

               Die gebruik van die regte "emosie" op die regte tyd maak die slagoffer emosioneel oop vir die
               emosioneel afsydige en koue toksiet wat van agter sy vals persona gluur, soos 'n roofdier wat
               sy prooi bekruip en wag om die persoon te bespring. Narsiste is gewetenloos van nature en
               ontwapen  ander  met  hulle  verleidelike  sjarme,  hulle  manier  van  praat,  hulle  gebare  en
               nagemaakte lyftaal. Hierdie items is alles ‘n spieëlbeeld van die slagoffer se handelinge en hy
               mimiek dit sodat die slagoffer die vals gevoel kan kry dat die toksiet baie dieselfde is as hy.
               Wat meer is, die toksiet is so uitgeslape dat hy in elke deel van die ontwikkeling van die
               verhouding, net die regte ding sal doen of sê wat die slagoffer op daardie oomblik nodig het.
               Dit is wat veroorsaak dat die slagoffer regtig aanklank vind by die toksiet en dan verstrik raak
               in  sy  vangnet.  Narsiste  ontgin  die  mens  se  behoefte  vir  liefde  om  tot  sy  eie  voordeel  ‘n
               verhouding  te  skep  deur  homself  te  kamoefleer  met  'n  verskeidenheid  EMOSIES  (wat
               dieselfde is as die slagoffer se emosies) om sodoende 'n pad te maak of 'n deur te open na
               haar brein en hart. Manipulasie en positiewe bevestiging van die slagoffer se 'persoonlike
               oortuigings en voorkeure' veroorsaak 'n vorm van duiselingwekkende disoriëntasie, en so
               begin sy hom vertrou en dan word haar identiteit of persona verswelg deur die toksiet se
               gedrag en alom teenwoordige manipulasie. Dit stel die slagoffer in staat om veilig te voel,
               want ons waardes en emosie word versterk deurdat dit na ons teruggekaats word (want die
               toksiet gebruik jou eie waardes asof dit syne is), om sodoende te bevestig dat daar ‘n band



               * Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter.                                     86
   81   82   83   84   85   86   87   88   89   90   91