Page 89 - Getroud met 'n Leuen
P. 89
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
• Hulle het 'n onnatuurlike gevoel van geregtigheid, glo dat die wêreld aan hulle
behoort.
• Hulle is obsessief met fantasieë van mag, liefde en sukses. Die storie boek lewe is hulle
werklikheid.
• Hulle ontgin ander om hulle konstante behoefte aan bewondering en aandag te
vervul.
• Hulle glo dat slegs ander spesiale mense hulle behoorlik kan verstaan.
Terwyl hulle enersyds relatief normaal voorkom tussen ander mense (ook net omdat ander
nie nou betrokke is nie), sal hulle andersyds hulle lewensmaat totaal oorweldig met
emosionele mishandeling, liefdeloosheid, 'n obsessie om te domineer, totale emosionele en
fisiese afwesigheid en om soms ook gewelddadig te wees.
Terwyl sommige navorsers glo dat mense met 'n Narsistiese persoonlikheidsversteuring so
gebore word, is daar ander wat glo dat dit 'n gedrag is wat hulle deur die omgewing leer. Hulle
argumenteer dat terwyl versteurings soos skisofrenie en bipolêre disfunksie bewys is as
genetiese en chemiese agtergronde te hê, vertoon Narsistiese Persoonlikheidsversteuring
geen fisiese abnormaliteite of verskille in die brein nie.
Wat is 'n narsis?
Die term, "narsis" word dikwels rondgegooi, en kan ook misbruik word. Een van die bepalende
eienskappe van 'n toksiet is dat hy 'n individu is wat ander as voorwerpe beskou, eerder as
mense. Mense word gesien as bronne wat die toksiet voorsien van aandag, bewondering en
idealisering om 'n versteekte brose gevoel van self te handhaaf. Narsisme bestaan op 'n
kontinuum, met kenmerke van wanaanpassings, insluitend, maar is nie beperk tot 'n gebrek
aan empatie, opgeblaasde gevoel van selfbelang, gevoel van geregtigdheid, en 'n behoefte
aan bewondering. Sulke eienskappe begin in die vroeë volwassenheid en kom in 'n
verskeidenheid situasies voor. Narsiste sukkel om hulle pyn te voel, sodat hulle hulle
gevoelens op hulle lewensmaat projekteer. Byvoorbeeld, in plaas daarvan om hulle eie
gevoelens van waardeloosheid en skaamte te eien, behandel hulle hulle vennote op so 'n
manier dat die vennote waardeloos en skaam voel.
As gevolg van hulle onvermoë om ander mense bloot meer as 'n gebruiksartikel te sien en dus
nie ‘n verhouding kan hè nie, het narsiste nie die vermoë om hulle lewensmaat lief te hê nie.
Wanneer hulle besef dat hulle maat hulle liefde en sorg onttrek het, sal die toksiet probeer
om die liefde van die slagoffer (maat) te manipuleer om dit te herwin. Hy doen dit deur voor
te gee dat hy lief het en die verhouding wil herstel, maar dit is koue aksies sonder ware liefde
en ‘n klug, al kan dit soms taamlik eg lyk. Dit kan verwarrend wees vir 'n slagoffer, wat soms
verhoogde vlakke van gebondenheid en "liefde" vir die toksiet voel. Die toksiet tree op soos
'n slotmasjien. So elke dan en wan spoeg die slotmasjien so paar munte van liefde uit, maar
die meeste van die tyd sluk die slotmasjien letterlik die empaat se liefde in terwyl die slagoffer
van alle liefde ontneem is en leeg voel. Dikwels verkondig slagoffers dat hulle maat óf "regtig
ongelooflik of net verskriklik" kan wees. Hierdie skrille kontras in karakter laat die empaat
altyd verlang na die ongelooflike deel van hulle maat om te voorskyn te kom, totdat die
slagoffer besef wat gebeur, maar dit kan baie jare vat voordat dit gebeur.
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 89