Page 88 - Getroud met 'n Leuen
P. 88

NabasDiep    VERLIEF OP 'n LEUEN


               Narsiste gebruik nie net hulle sjarme en vernietigende manipulasie op hulle huweliksmaats
               en in verhoudings nie, dit is hulle hoofinstrument wat hulle in elke aspek van hulle lewe
               gebruik. Hulle is in 'n konstante manipulasie en kamoeflerings modus en gebruik sjarme op
               elke persoon in elke lewenswandel op soek na mense omdat hulle behoeftes so groot is en
               hulle ten alle koste mense moet gebruik om hulle tekortkominge aan te vul. 'n toksiet hoef
               net aan te sluit en te luister om uit te vind wat motiveer en dryf 'n persoon of selfs 'n groep.
               Narsiste sal dan die beskikbare dinamika absorbeer en naboots sodat hulle dit kan ontgin, uit
               buit  en  gebruik  by  elke  geleentheid  om  al  die  voorraad  te  neem  wat  hulle  kan  neem,
               Uiteindelik dien hulle die uiterste vernietiging waaraan mens kan dink, aan slagoffers toe.
               Solank dit voorraad is vir hulle onversadigbare drang na  toksiese kos, gee hulle nie om nie.
               Hulle kan wegkruip agter die kamoeflering van die plaaslike kerk, 'n liefdadigheidsorganisasie,
               politieke  beweging,  professionele  groep  of  besigheid.  Hulle  kan  'n  professionele  graad
               verwerf en 'n loopbaan of beroep hê soos 'n dokter, prokureur, prediker, uitvoerende hoof,
               of in die sielkundige of gedragswetenskappe. Die wêreld is hulle speelgrond en ons is hulle
               speelgoed om mee te speel en dan weg te gooi.

               Die Verstaan Van Narsisme
               Ons  gebruik  dikwels  die  woord  "narsis"  om  iemand  te  beskryf  wat  dalk  onaangenaam,
               arrogant of selfbehep is. Narsisme beskryf egter ook 'n ernstige geestesgesondheid kwessie,
               en  individue  wat  te  veel  van  sekere  eienskappe  vertoon,  kan  gekategoriseer  word  as  ‘n
               Narsistiese  persoonlikheidsversteurde.  Om  klinies  gediagnoseer  te  word  as  narsisties
               persoonlikheidsversteurd,  verklaar  die  Diagnostiese  en  Statistiese  Handleiding  van
               Geestesversteurings (of die amptelike handboek vir professionele terapeute) dat 'n individu
               5 van 9 genoteerde  toksiese eienskappe van persoonlikheidsversteuring moet hê. Dit sluit in:

                   •  Hulle het nie empatie vir ander nie. Hulle vervals empatie en praat baie oor hoe hulle
                       vir mense omgee, maar inherent is hulle heeltemal leeg aan empatie in hulle lewe en
                       aksies. Hulle het wel gereedskap wat hulle kan gebruik om te help om empatie te
                       vervals, soos geld, geleerdheid, posisie, en vele meer maar dit is als komponente wat
                       meesal daarop gemik is om ander te beïndruk en dit alles om ‘n vals fasade voor te
                       hou of te vertoon.
                   •  Hulle  glo  dat  hulle  inherent  belangriker  is  as  dié  rondom  hulle.  Dit  word
                       gedemonstreer deur hulle optrede, hulle totale verontagsaming van ander mense se
                       sienings, oortuigings en minagting van ander mense se regte en reg op eie persoonlike
                       spasie en tyd.
                   •  Hulle smag na erkenning vir hulle inherente meerderwaardigheid. Hulle sal gedurig vir
                       ander laat verstaan hoe hard hulle werk, hoe besig hulle is, hoe hulle tyd deur ander
                       gebruik en misbruik word net sodat hulle bejammer, erken of geag kan word.
                   •  Hulle vertoon uiterste arrogansie deur hulle gesindheid en gedrag. Hulle luister selde
                       na wat ander sê en sal gereeld inbraak maak wanneer ander praat, of bo-oor ander
                       praat.
                   •  Hulle is paranoïes dat ander op hulle afgunstig moet wees, want dit wys hoe belangrik
                       hulle is.






               * Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter.                                     88
   83   84   85   86   87   88   89   90   91   92   93