Page 85 - Getroud met 'n Leuen
P. 85
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
Sommige histrioniese narsiste kan baie goed funksioneer, en kan sekere vlakke van
persoonlike en / of professionele sukses in die lewe bereik (ten minste vir 'n tyd). Maar, beide
hoër en veral laer funksionerende histrioniese narsiste kan aan 'n gebrek aan realisme ly, wat
hulle besluitneming onprakties en ongeduldig kan maak, wat lei tot teleurstellings en
mislukkings. Die begeerte vir konstante stimulasie, onmiddellike bevrediging, en die neiging
om verveeld te wees beteken pleinweg dat sommige histrioniese narsiste is onstabiel in hulle
verhoudings en onbetroubaar in hulle verpligtinge. Sekere histrioniese narsiste is ook geneig
om impulsiewe besluite te neem, selfs onredelike risiko's en kanse te vat, wat hulle eie en
ander se welstand kan affekteer. Hulle is baie geneig om beter as ander in die werksplek te
wil wees en sal nie skroom om kompetisie of meer senior mense in die organisasie uit te daag
of te beswadder nie.
Almal het goeie en slegte ervarings in die lewe. Stres en verandering is deel van die menslike
ervaring. Baie histrioniese narsiste het ‘n groot probleem om stresfaktore te hanteer wat
hulle selfgesentreerdheid en vermeende geregtighede bedreig. Of dit nou persoonlike
verhoudings, werksplek, omgewing of samelewings kwessies is, histrioniese narsiste pas swak
aan wanneer hulle daaraan herinner word dat die wêreld nie om hulle wentel nie, en hulle
besef dat die meeste mense hulle nie op 'n voetstuk wil plaas nie. Dit is 'n bitter waarheid vir
histrioniese narsiste, waarvan die meeste "nie in staat is om sommer te laat vaar nie" en
"onwillig is om te laat gaan nie". Histrioniese narsiste kan angs, depressie, psigose of ander
geestesgesondheid kwessies ervaar as gevolg van hulle onvermoë om in te pas en aan te pas
in 'n steeds veranderende wêreld. Totdat hulle meer bewus raak van hulleself en "by die
menslike ras aansluit", sal hulle voortgaan om beduidende skade aan ander en hulleself te
veroorsaak.
Die Karaktereienskappe Van ‘n Toksiese Mens.
Dit is absoluut ongelooflik hoe min die pad van een toksiet van die pad en modus operandi
van ‘n ander toksiet verskil. Hulle dinamika is amper dieselfde, en tog weet hulle nie van
mekaar nie, maar ‘n mens sou kon dink dat hulle bymekaar geleer het. Maar dit is nie moontlik
nie.
In wese is narsiste oral oor en word hulle ‘n groeiende faktor waarmee rekening gehou moet
word. Tussen mense het die verborge toksiet niks wat hom laat uitstaan as iets anders as net
‘n normale mens nie. Maar dit is eintlik ook ver van die waarheid. Die oomblik as hulle iemand
sien wat vir hulle potensiaal as ‘n slagoffer het, skop sy aanslag in. Hy of sy het die vermoë om
hulleself in te wurm in ‘n geselskap, hulle weet presies hoe om hulleself voor te stel en
betrokke te raak by 'n ander persoon en dan uit te sonder vir nadere kennismaking. Selfs tot
op hierdie stadium van sy aanslag, is daar niks vreemds om op te tel nie, dit skyn heel normaal
te wees.
Maar sy fokus is nou baie skerper om te begin om die potensiële slagoffer se geskiedenis en
lewensverhaal uit hom te suig, tot in die fynste detail. Ook stel hy diep belang in wie die
slagoffer werklik is, hoe hy oor die lewe dink, sy morele waardes en waarvoor hy staan asook
sy siel se dinamika. Narsiste besit ‘n buitengewone vermoë om gesigsuitdrukkings,
handgebare en ander maniertjies van die slagoffer te lees en waar te neem. Hulle weet hoe
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 85