Page 87 - Getroud met 'n Leuen
P. 87

NabasDiep    VERLIEF OP 'n LEUEN


               besig is om te vorm, ‘n verhouding en selfs liefde. Narsiste weet dat, as hulle 'n slagoffer op
               hierdie manier en op hierdie vlak kan beheer, het hulle ook die gereedskap om 'n slagoffer
               diep binne te dring en emosioneel te manipuleer. Die slagoffers is nou ‘verslaaf’ en sal diep
               geheg  raak  aan  die  toksiet  –  dit  versterk  eenvoudig  die  basiese  beginsels  waarmee  ons
               grootgeword het en dit is om te vertrou, verlief te raak, en dan lief te hê. Ongelukkig is dit nie
               op ‘n normale manier dat die toksiet dit bereik het nie, baie eerder deur die pad van  toksiese
               manipulering. Dit is deur gebruik te maak van die valse spieëlbeeld van jou wat hulle aan
               geneem het vir hulleself, al is dit net tydelik. Hy sit heerlik agter sy masker en grynslag.

               Hulle oorkompenseer vir hulle leë en emosielose self met daardie buitengewone sjarme of
               charisma, en valse persoonlikheid. Hulle manipuleer ander deur vals emosies wat die meeste
               mense as eg ervaar en dan ook so teenoor die toksiet laat optree, as ‘n gewone mens. Die
               ongelukkige aspek met 'n toksiet is dat daar 'n agenda is wat hulle volg, waar hulle jou afpers
               en  dan  begin  om  jou  geestes  stelsel  aan  te  val  deur  verskriklike  dade  van  verraad,
               breinspoeling, gaslig gee*, lieg, steel, ens., te pleeg om jou heeltemal te ontwortel, te beheer,
               onmenslik te behandel en te vernietig. Dit is wanneer die toksiet sy patologie openbaar en hy
               op sy vernietigendste optree. Dit is die siklus van sy mishandeling. Dit is waar die toksiet se
               masker gly en die laakbare gedierte van binne op sy agtervoete gaan staan en sy tande in sy
                                                                           slagoffer  inslaan  en  poog  om
                                                                           haar  te  verslind  nadat  hulle
                                                                           toegang gekry het tot jou lewe
                                                                           en  ook  gekry  het  waarvoor
                                                                           hulle gekom het. Basies beheer
                                                                           hy  die  slagoffer  om  haar
                                                                           verward  te  hou  sodat  die
                                                                           toksiet kan aanhou om daardie
                                                                           voorraad te neem totdat hulle
                                                                           versadig is.

                                                                           Wat is dan die sin in al hierdie
                                                                           dinge?  Niks  vir  die  gewone
                                                                           mens  nie,  dit  beskryf  hulle
                                                                           persoonlikheidsversteuring  en
                                                                           hulle vernietigende aard. Hulle
                                                                           verwring nie net alles wat hulle
                                                                           kan  nie,  maar  vernietig  jou  in
                                                                           die proses om jou te straf om
                                                                           sodoende  hulle  identiteit  te
               beskerm. Dit was alles net 'n proses om jou te vang in ‘n huwelik of verhouding om jou te
               mishandel en te gebruik, maar daar was nooit die bedoeling vir ‘n verhouding met jou op 'n
               menslike vlak nie. Hulle was basies net soos 'n roofdier wat bekruip, verwond en dan sy prooi
               doodmaak sodat hy voedsel kan kry! Of hulle bewus is van hulle dade of nie, dit regverdig
               geensins die onmenslike en wrede behandeling nie.







               * Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter.                                     87
   82   83   84   85   86   87   88   89   90   91   92