Page 91 - Getroud met 'n Leuen
P. 91
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
Narsiste Weet Wie En Wat Hulle Is.
Is dit moontlik vir verborge narsiste om nie te weet wat hulle is nie? Miskien dink hulle hulle
is iets anders.
Een van die mites oor toksiese mense is dat hulle hulleself nie ken nie. Hulle tree op asof
hulle normaal is maar al die tyd het verborge narsiste 'n sekere kennis van hulleself, as gevolg
van ervarings in liefdesverhoudings en die feit dat hulle ander mense se normale verhoudings
rondom hulle waarneem. Maar hierdie inligting word nie verwerk op 'n manier om die
werklikheid te reflekteer nie. Verborge narsiste weet wat hulle doen, maar hy is die heel tyd
op homself gefokus, op sy eie begeertes en voordele, en dit maak dat enige iemand anders
slegs tel as hy van nut en waarde kan wees. Narsiste besef dit, maar besef dit ook nie, bloot
omdat hulle dit ignoreer sodat hulle eerder kan fokus op hulle denke waar hulle glo dat hulle
die beste is. Hy sien homself valslik as iemand wat die vermoë het om aan te voel wat 'n maat
wil hê en bereidwillig is om aan sy lewensmaat se behoeftes te voldoen en om 'n ander
persoon te behaag, te help of te beskerm. Hy is nogal trots hierop, en beskou homself as 'n
goeie mens, en selfs te goed, wat selfs soms kan dink ander wil te veel van hom hê – en na sy
mening het hulle hom seergemaak en hom uitgebuit. Hy blameer vennote en hoewel hy
daarvan hou om ander te oordeel en te etiketteer, dink hy nie eens aan die moontlikheid dat
die etiket van narsisme op hom van toepassing is nie.
So ‘n insinuasie sou sy valse self so erg bedreig dat dit hom reguit in ‘n toksiese besering* sou
laat beland. ‘n Introverte toksiet wil geliefd wees en soms, wanneer hy geestelik verswak voel,
dan sal hy besin oor sy keuse van vennote. Nietemin, hoewel hy lief gehê wil word, maak hy
vennote seer – met ander woorde: hy wil iets anders hê as wat hy ervaar, want sy dade
weerspreek hierdie begeertes. Diep in die onderbewussyn van 'n toksiet is liefde inherent
geassosieer met geestelike pyn. Die negatiewe emosies in hom beïnvloed sy houding teenoor
ander. Narsisme is so 'n dik psigiese muur dat dit moeilik is om dit self raak te sien en nog
moeiliker is om dit sonder hulp te vernietig of af te breek. Die verborge toksiet sal vroeër of
later sy vermeende goedheid assosieer met iets meer aanvaarbaar as narsisme, byvoorbeeld
met die eienskappe van hoogs sensitiewe mense wat die sensasie soekende eienskap besit,
of met die sogenaamde ‘People Pleasing’-sindroom. Hy dink hy kan beskou word asof hy
bereid is om iemand te behaag maar die enigste mense wat 'n toksiet ooit behaag het, was
moontlik sy ouers toe hy nog klein was. Trouens, verborge narsisme en People Pleaser-
sindroom word geassosieer met soortgelyke gedrag as wat met manipulasie geassosieer
word. Daar is egter 'n basiese verskil tussen die People Pleaser-sindroom mense en narsisme,
soos dat iemand in die eerste geval graag ander mense tevrede wil stel, veral mense wat beter
of belangriker of sterker is as hulleself. Hulle kan hulleself selfs toewy of verkneg aan dié soort
mense tot hulle eie voordeel, soos om verwerping te voorkom of as gevolg van 'n neiging tot
afhanklikheid. In die tweede geval word dit gedoen met 'n begeerte om 'n gevoel van
meerderwaardigheid oor ander te kry, om beheer oor hulle te hê en hulle afhanklik te maak.
So, die patologiese towenaar plaas sy eie persoon eerste, bo die verminderde/verkleinde
ander. Die verborge toksiet sal egter een of ander tyd die mislukking van sy verhoudings
regverdig deur die feit dat "slegte ander" sy goedheid misbruik omdat hy te goed is, maar hy
sal dit nie toeskryf aan sy eie verborge narsisme en alles wat daarmee geassosieer word nie.
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 91