Page 92 - Getroud met 'n Leuen
P. 92

NabasDiep    VERLIEF OP 'n LEUEN


               Hoekom Is Emosies Glad Nie Ontwikkel in Narsiste Nie?

               ‘n toksiet kan nie ‘n gesonde of gelukkige verhouding hê nie, dit is bloot net nie moontlik nie
               vanweë die psigopatiese neigings. Die toksiet homself is in slegte gesondheid want hy dra 'n
               siekte, 'n disfunksie as mens dit reguit kan stel. Hy gaan deur die lewe met slegs 'n deel van 'n
               menslike brein, die res van daardie brein bestaan uit verwarring, misleiding, leuens, hartseer
               en wrede gedagtes... dit is inderdaad 'n baie donker plek. Waar ons grys materie het wat
               emosies  dryf,  soos  liefde,  lojaliteit,  omgee  en  empatie,  het  hulle  'n  donker  gat  van
               verwoesting en ellende. Sonder hierdie emosies is 'n gedierte soos die toksiet eenvoudig nie
               in staat om sy vennoot te voorsien van die kameraadskap wat van 'n geliefde verwag word
               nie.
               Die slagoffer word binne in die lokval van die toksiet in gelok, bloot deur die toksiet se siek en
               donker vermoë om die emosies wat hulle nie besit nie, na te boots. Sodra die slagoffer geflous
               is deur hierdie nagemaakte emosies en vals beloftes ten opsigte van sy verhouding, en haar
               waaksaamheid verminder as gevolg van die bedrog, vertrou sy haar toe aan die narsis. Die
               slagoffer het nou die toksiet toegelaat om haar liggaam, verstand en gees te vul met die
               belofte van liefde wat die toksiet soos ‘n wortel voor haar neus geswaai het, maar die toksiet
               stel al lankal nie meer belang in liefde nie, hy dink net wat hy alles sal kry deur die devaluasie*,
               verwerping  en  emosionele  mishandeling.  Dit  is  'n  suiwer  grutoneel  van  versteekte
               verwerping, gaslig gee en die een leuen op die ander. Dit is 'n opvoering, gedirigeer deur die
               narsis,  met  die  slagoffer  wat  die  hoofrol  speel,  en  aanvanklik  sal  die  slagoffer  onwetend
               saamspeel. Later sal dit meer wees vir oorlewing met 'n gespook en gespartel om te probeer
               loskom uit die vangnet van die narsis, maar dit mag te laat wees en 'n huwelik het dalk al klaar
               die boeie aan die slagoffer/eggenoot geslaan.

               Daar  is  geen  perfekte  verhouding  vir  die  toksiet  nie...  Hulle  moet  by  die  draaiboek  hou:
               Idealisering* / Liefdesoorweldiging* / Devaluasie* / Verwerp – dit is die hooftema van die
               draaiboek. Daar is geen ander manier nie!

               Narsiste Het Geen Self Identiteit Nie.

               Die kern van narsisme is 'n gebrek aan selfidentiteit. Op dieselfde manier as wat 'n baba geen
               idee het dat die blou wat hy sien, nie die hele heelal is nie, so het 'n toksiet ‘n groot probleem
               om te verstaan dat hulle 'n normale deel is van die gemeenskap, 'n persoon in eie reg. Vir
               hulle is hulle die enigste mens met ‘n reg om te mag bestaan. Enige iets wat die normale
               ontwikkelingsproses van ‘n kind onderbreek en veroorsaak dat hy 'n fase oorslaan, sal lei tot
               hierdie gebrek aan selfidentiteit. 'n Kind moet vorder van: Baba - Kruiper – Kleuter - Kind -
               Vroeë Tiener - Tiener - Jong Volwassene - Volwassene. Indien enige een, of meer as een, van
               hierdie stappe oorgeslaan word, sal die persoon identiteit gebaseerde probleme hê. En dit
               hoef nie 'n 'trauma' as sodanig te wees nie - in werklikheid word narsiste meestal op die
               volgende twee maniere gevorm:

               Die kind word gedwing om 'n stap in sy ontwikkeling oor te slaan, soos byvoorbeeld dat sy
               gedwing is om op agtjarige ouderdom na 'n baie siek ma om te sien en haar bababoetie groot
               te maak terwyl die pa 16 uur per dag gewerk het om vir mediese rekeninge en kos te betaal.
               Sy is nooit toegelaat om van 'n kind tot 'n tiener en dan na 'n volwassene te ontwikkel nie. Dit




               * Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter.                                     92
   87   88   89   90   91   92   93   94   95   96   97