Page 97 - Getroud met 'n Leuen
P. 97
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
Maar die narsis, ten spyte van die blydskap en gevoel van sekuriteit wat hy kry in die
ontdekking van hoe om sy maat te beheer en te manipuleer, sal uiteindelik teleurgesteld wees
oor die feit dat hy versuim het om die grens te beveilig wat terug wys na sy onvervulde
kinderjare ontwikkelingsbehoefte, nl. grense. Die toksiet sal spoedig iets al hoe meer
verregaande doen, op soek na meer aandag en in die geheim hoop dat hy uiteindelik sy
lewensmaat sal uitlok om die grens te vestig wat die toksiet so naarstiglik moet vaslê, indien
hy ooit by die punt sal kan kom om die onvoltooide ontwikkelingstadium van die bedorwe
kleuter te voltooi.
Die vennoot van die toksiet kan egter nie die trauma van sy onvervulde kinderjare se
behoeftes oplos deur grense af te dwing op sy toksiese vennoot nie. So verdubbel sy haar
pogings om 'n nog beter, meer vrygewige, meer begripvolle, meer geduldige, meer
hardwerkende vennoot te wees, in die hoop dat die toksiet hierdie deugde sal sien, tot sy
sinne sal kom, om verskoning sal vra en onbaatsugtige liefde sal gee. Soos die siklus herhaal
en herhaal en herhaal, sal die toksiet die vennoot blameer omdat dié hom daartoe gedryf het
om in toenemend verregaande maniere op te tree. Natuurlik is hierdie beskuldigings geheel
en al vals, maar hulle openbaar wel 'n waarheid, dit is dat die toksiet hierdie toenemend en
hoogs onaangename en selfgesentreerde gedrag uitstal omdat hulle nie kan glo dat hulle
toegelaat is om daarmee weg te kom nie. Uiteindelik sal hulle iets so belagliks doen dat die
empaat dit nie langer kan ignoreer en duld nie. Op hierdie stadium sal die vennoot uiteindelik
sê, "genoeg is genoeg," en wegloop van die verhouding af, as al antwoord wat oorbly.
Ironies genoeg is dit ook die punt waarop die toksiet uiteindelik sal begin dink dat sy
lewensmaat hom dalk kan liefhê. Dit is die punt waarop hy sy lewensmaat kan idealiseer,
berou wys, die verskoning bied wat sy maat so desperaat nodig het en sê: "Ek het jou nodig.
Ek kan nie sonder jou lewe nie." Op hierdie oomblik beleef die toksiet weer die eksistensiële
krisis van die kleuter, wat so afhanklik is van ‘empaatouer’ wat hy so verwyt. Op 'n manier is
hierdie erkentenis waar. Ten minste vir die oomblik. Die vennoot van die toksiet word egter
met 'n ernstige probleem gelaat. As hulle voortgaan om grense vir die toksiet te verskaf, sal
hulle moet voortgaan om mishandeling en vloermoere af te weer en te verduur. Dit kan
draaglik wees vir terapeute, maar dit is baie moeilik vir gades of oud-gades. En hulle sal moet
voortgaan om grense te stel en geduld te demonstreer, ten spyte van die feit dat hulle eie
behoeftes onvervuld bly, omdat die toksiet nooit in staat sal wees om onbaatsugtige liefde te
gee nie. Op sy beste sal hulle jare weg wees van erkenning, en dit is 'n lang tyd om te wag om
jou eie verhouding se behoeftes te kan vervul.
Van die twee in hierdie tragiese binêre verhouding, die toksiet en sy lewensmaat (die toksiet
en die slagoffer), kan net die lewensmaat die spiraal breek. Die toksiet is nie daartoe in staat
nie, want hy is vas in die rol van die kleuter. Die vennoot kan die toksiet help deur op te tree
as die ouer vir die kleuter, maar uiteindelik sal die vennoot haar eie onvervulde behoeftes
moet konfronteer en 'n verhouding met iemand vind wat sy kan liefhê soos haar toksiese
‘kind’ nooit kon nie. Daar is ‘n geneigdheid by empate om, wanneer hulle volwassenheid
betree as die kinders van narsiste, hulle intuïtief mense wat hulle goed behandel, sal verwerp
want hulle beeldprojeksie is op soek na 'n toksiet wat hulle toelaat om hulle kinderjare trauma
te terug te speel uit 'n posisie van beheer. Die gelukkige ding vir diegene wat van 'n toksiet
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 97