Page 98 - Getroud met 'n Leuen
P. 98
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
geskei het met wie hulle een of ander kontak gehad het, is dat hulle nie weer 'n nuwe toksiet
hoef te soek nie. Hulle is steeds gebind aan hulle ou een! Dis omdat daar kinders mag wees
of ander redes, maar indien nie dan bly jy sover moontlik weg
Dr. Judith Orloff, 'n pionier in die veld, beskryf empate as diegene wat die wêreld se vreugdes
en spanning soos "emosionele sponse" absorbeer.
Die Parasitiese Verhouding tussen 'n Toksiet en 'n Empaat.
Die dans tussen die toksiet en die empaat het die skyn van 'n parasitiese verhouding.
Gemotiveer deur die begeerte om liefde te soek en om die gewonde toksiet te genees, word
die empaat die perfekte gasheer vir die parasitiese narsis. Die toksiet gebruik die taktiek van
manipulasie en beheer in die verhouding om sy egoïstiese behoeftes, om emosioneel op die
slagoffer te teer, te vervul. En sodoende voorsien en versadig hy homself met toksiese
voedsel. Dikwels bly die toksiet op die manier in beheer en die empaat voel geviktimiseer en
magteloos. Sodra die parasiet egter al die hulpbronne van die gasheer opgebruik het, beweeg
hy na 'n nuwe gasheer.
Tog bestaan die empaat en toksiet se wêreld binne 'n tweemanskap, wat elkeen die ander
nodig het binne die disfunksionele verhouding om ongeskonde te bly. Albei vennote is ewe
verantwoordelik vir die wanbalans wat geskep is. Terwyl 'n empaat magteloos in die
verhouding kan voel, is dit belangrik om in gedagte te hou dat 'n toksiet nie binne die
verhouding kan bestaan sonder die betrokkenheid van die goed bedoelende empaat nie. As
'n empaat grense stel en wegstap, weier om die geprojekteerde gevoelens van die toksiet te
absorbeer/verwerk (dit wil sê die toksiet wat hulle eie waardeloosheid op die empaat
projekteer), dan sal die twyfelagtige dinamiek ophou bestaan.
Die Hartseerste Waarheid Om 'n Slagoffer Te Wees.
Todd Styler sê: Ek dink die hartseerste werklikheid rakende narsisme is dat narsiste dié mense
misbruik wat dit die minste verdien en die toksiet voorsien van presies wat hy wil hê –
onvoorwaardelike liefde sonder oordeel. Dit is 'n uiterste ironie dat die toksiet aangetrokke is
tot 'n premie brandstofbron* wat in wese sy spieëlbeeld teenoorgestelde is.
Verder blyk dit dat die mense wat die minste verdien om aan die ontvangkant van die toksiet
se toorn, aggressie en vreemde gedrag te wees, diegene is wat hy of sy bewonder en soek. Ek
het baie navorsing gedoen met betrekking tot die karaktertrekke waarna narsiste in hulle
slagoffer soek. Die lys hier onder beskryf die eienskappe wat ‘n toksiet bewonder en begeer
in sy slagoffer:
Aangebore goedheid; empatiese geaardheid; hoë integriteit; ‘n omgee persoon; ‘n goeie
persoon; ‘n ordentlike persoon; gee mense die voordeel van die twyfel; wil die goeie in mense
sien; taai; toegewyd aan omgee vir ander; om goed te wees; geloof in ander;
deursettingsvermoë; geloof in liefde; maak ander 'n beter persoon; wil net gelukkig wees;
intelligent; eerlik; waarnemende.
Daarteenoor lyk die karaktertrekke van kwaadaardige narsiste iets soos wat volg: arrogant;
grootse denke; behep met geld; behep met skoonheid; behep met mag; behep met
briljantheid; hulle glo hulle is spesiaal; het behoefte aan oormatige bewondering; sterk gevoel
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 98