Page 103 - Getroud met 'n Leuen
P. 103
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
Hoofstuk Sewe: Die Toksiet Voel Niks Vir Jou, Die Slagoffer Nie.
Anoniem beskryf hoe maklik ‘n toksiet van jou, die slagoffer ontslae kan raak. Jy het gebaai in
die heerlikheid van die toksiet se onsterflike liefde tydens die liefdes oorweldigende fase. Dan,
asof uit die bloute, word jy uit die liefdes fase gestoot, gedevalueer en verlaat deur die 'liefde
van jou lewe' en ernstige eggenoot materiaal tot iemand wat nie in ag geneem word nie en
met geen regte om enigiets te verwag nie.
Jy het rond gehang en vasgeklou aan die herinnering aan daardie dae in die verlede. "Iemand
wat my liefgehad het, my aanbid het en my bemin het asof sy verslaaf was, kon nie net so
heeltemal belangstelling in my verloor het nie," het jy gedink. "Dit moet ‘n fout wees, dit sal
weer regkom," het jy vir jouself gesê en gedink dat jou perfekte ‘prinses fantasties’ net tydelik
verward was en al wat sy nodig gehad het, was jou deernis, begrip en 'n bietjie tyd.
Maar die groeiende onverskilligheid van die persoon wat nie so lank gelede verlief was nie, is
verseker aan die toeneem, en wat ‘n honderd persent sekerheid was, is nou vinnig aan die
taan. Jy balanseer voortdurend op die rand van 'n emosionele ineenstorting, maar probeer
jouself bymekaar hou, want o, sy hou nie daarvan wanneer jy soebat nie. Maar daar was die
laaste paar jaar net geen liefde nie, die een beskuldiging en vals aantuiging op die ander. As
ons daaroor sou praat, dan was ek die een wat liefdeloos, argeloos en afsydig was. Dit ongeag
die feit dat al het ek hoe hard gesmeek vir aandag en konsiderasie, was dit bloot nie daar nie.
Die verwyte, emosionele afwesigheid en vals beskuldigings het my na wanhoop gedryf en die
enkele goeie dae was dun gesaai.
Jy klou steeds vas aan die hoop dat dit alles net 'n tydelike terugslag is, maar dinge word net
erger. Soort van gevoelloos. Dit voel glad nie soos toe jy in jou vorige verhoudings afgesê is
nie. Jy ontvang minder en minder aandag, minder en minder oorweging. En dan, eendag, is
dit verby. Jy is weggegooi. Op hierdie stadium verstaan jy steeds nie wat gebeur het nie en
soek antwoorde met die een persoon wat hulle kan voorsien, maar nie van plan is om dit vir
jou te gee nie – jou toksiese eggenoot. Jy het die volle siklus voltooi – liefdeoorweldiging* –
devaluasie* – verwerp. Jy is nou 'n ou gebreekte speelding en die toksiet het absoluut geen
belangstelling in jou nie, aangesien sy besig is om haar nuwe bron te versorg (iemand beter
en blinker, dink sy – totdat sy natuurlik weer verveeld raak.)
Die tyd tydens en veral na die verwerp fase, is baie erg. As jy soos ek is, sal jy nog steeds nie
weet dat jy by 'n toksiet betrokke is nie. Dit is nie 'n goeie plek om te wees nie. Ek wil hê jy
moet dit baie vinnig begryp. Ek sê nie dat my storie totaal omvattend is nie. Dit is natuurlik
gebaseer net op my ervaring met 'n hoë funksionerende verborge histrioniese aggressiewe
narsis. Maar ek glo dat hoe meer inligting daar vir ander mense beskikbaar is, hoe beter.
Nadat jy die hele leersiklus voltooi het, sal jy sien die toksiet is iemand heeltemal anders as
die persoon wat jy voorheen gedink het jy ken. Die tyd na die weggooi fase, is die tyd om die
waarheid te leer. Jy sal gedwing word om te verstaan dat die doodernstige verhouding wat jy
gedink het jy het, net 'n bedrogspul was en dat die wonderlike persoon wat jy voorheen
gedink het jy ken, was net 'n vals beeld (eintlik ‘n hologram). So, wat is die gedrag wat jy kan
ontvang van 'n toksiet in hierdie uitdagende tydperk?
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 103