Page 104 - Getroud met 'n Leuen
P. 104

NabasDiep    VERLIEF OP 'n LEUEN


               Sy wil hê jy moet aanhou om in die leuen te glo.
               Ek het aanvanklik gekry wat HG Tudor beskryf as die ‘Goue Handdruk weggooi’. Die toksiet
               het van my onttrek en beweer dat sy my altyd sou liefhê, dat sy my altyd sal respekteer en
               my bedank vir die feit dat ek in haar lewe ingekom het en dat dit haar ten goede verander het
               (dit was haar presiese woorde, onthou hulle asseblief wanneer jy die einde van hierdie artikel
               bereik). Hierdie soort gedrag het een doel – om jou vir haar te laat wag, om jou subtiel te
               oorreed om êrens in die agtergrond te sit en wag terwyl sy rondhardloop om nuwe bronne
               van aanbod te jag. Dit is ontwerp om jou te laat dink dat sy net verward is en tyd nodig het
               om haarself uit te sorteer. Sy gee jou geen waarborge nie, sy verbind nie haarself nie, maar
               sy laat jou doelbewus voel dat daar 'n toekoms vir julle twee is. Sy laat jou met al die blaam
               vir die mislukte verhouding, jy is die een met die foute.

               Sy speel die rol van 'n eksistensiële verwarde held. Jy weet nie dat sy in werklikheid ‘n baie
               goeie tyd het waarin sy nuwe voorraad soek en najaag nie en sy sukkel nie regtig met enigiets
               nie. Maar sy wil nie hê jy moet die waarheid weet nie. Sy wil hê jy moet net die inligting hê
               wat sy vir jou kies om te hê – die inligting wat jou haar sal laat sien as die goeie mens, die
               liefde van jou lewe wat jy verloor het. Sy wil net hê jy moet die inligting kry wat jou onder
               haar  hipnotiese  invloed  hou.  Sy  kan  jou  nie  genoeg  vertel  hoe  lief  sy  jou  gehad  het  nie,
               hoeveel sy vir jou omgegee het nie, ensovoorts maar hierdie is leuens om jou terug te wen
               sodat sy jou in haat kan verswelg. Dit is verseker, ‘n toksiet wat seergemaak  is gevaarliker as
               ‘n vasgekeerde leeu in ‘n hok en wreder as wat kan kom.

                As jou instink ten minste nog 'n bietjie werk, sal dit begin inskop en jy sal begin om van die
               meer  ongemaklike  vrae te  vra. Dit  lei dadelik tot  strenger  en ongenadige  gedrag  van  die
               toksiet wat uiteindelik haar aankondiging van liefde en respek vir jou heeltemal sal ontken.

               (Een van die grootste lesse uit 'n  toksiese verhouding is dat jy altyd moet fokus op 'n persoon
               se optrede eerder as woorde. Woorde beteken niks. Integriteit is wat tel.)

               Gebruik jou diepste emosie-aktiveerder teen jou
               Voor die weggooi fase onthou ek dat ek vir die toksiet gesê het: "Moet asseblief nie my en my
               boodskappe ignoreer nie, om geïgnoreer te word, verwek erge emosies in my. Dit is soos om
               van vooraf verwerp te word soos in my kinderdae. As jy tyd nodig het om te dink, kom ons
               stem net saam op 'n datum wanneer ons sal praat en ek sal jou die tyd gee." Raai wat het
               gebeur? Ja, sy het my e-posse en boodskappe begin ignoreer en was nooit bereid dat ons by
               mekaar  sou  uitkom  nie.  Tyd  waarin  ons  sou  bymekaar  kom  om  te  bespreek  wat  in  die
               verhouding aangaan. Sy sou altyd sê dat sy sal laat weet, maar was nooit van plan om dit te
               doen nie. Vir die eerste paar maande het ek besluit om haar nie te kontak nie, maar oor en
               oor sou ek ná 'n paar weke ingee aangesien die behoefte om te verstaan (en ongelukkig my
               verslawing aan die illusie van die valse beeld) net te intens was en daar te veel vrae was. Raai
               nou wat gebeur wanneer iemand die diepste emosies in jou wakker en seer maak? Ja, dit
               veroorsaak allerhande uiters hartseer gevoelens, en die emosies laat jou optree - en dit is
               presies wat die toksiet wil hê. Sy wil hê jy moet vir haar ammunisie gee om jou later mee te
               skiet.

               Begin jou beskuldig van dinge wat sy aan jou doen.




               * Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter.                                    104
   99   100   101   102   103   104   105   106   107   108   109