Page 99 - Getroud met 'n Leuen
P. 99

NabasDiep    VERLIEF OP 'n LEUEN


               van geregtigdheid; uitbuitend; baie kwaad wanneer ander aandag kry; gebrek aan empatie of
               geen  empatie  nie;  afgunstig  op  ander;  kwaadwillige  geskinder;  sadistiese  eienskappe;
               berekende  manipulasie;  gaslig  gewend;  berekende  liefdes  oorweldiging;  gewelddadig;
               plofbare woede; patologiese leuenaar; verneuker; dief; geen berou nie; bitter sensitief vir
               kritiek; baie jaloers; benodig om konstant opgehemel te word; moet in beheer wees; hiper
               waaksaam;  paranoïes;  vlak  apologieë,  op  sy  beste  lyk  en  wees;  sal  nie  aanspreeklikheid
               aanvaar nie; sal nie eienaarskap vat nie; sal vir mense sê hulle is mal; dwalings van grootsheid;
               egosentrisiteit; verlustig in ander se mislukkings; beweer mense wat dit beter het as hulle, is
               net  gelukkig;  fokus  op  oppervlakkige  eienskappe;  vergelyk  hulle  voorkoms  met  ander;
               saboteer  ander;  oor  bekommerd  oor  hulle  voorkoms;  wraaksugtig;  oppervlakkige  sjarme;
               boelies, ens.

               Wat Skreeu “Ek Is Maklike Prooi” Vir ‘n Narsis?
               Narsiste  vind  baat  by  sekere  eienskappe  van  die  ander  partye  in  hulle  verhoudings.  Die
               volgende lys sluit sommige van hierdie eienskappe in. As jy die slagoffer van 'n   toksiese
               misbruiker/molesteerder is, gebruik dan hierdie lys om te help om die nodige veranderinge
               in jou lewe te maak sodat jy jouself kan beskerm.

               Narsiste vind baat om by mense te wees wat hulle sal vergewe wanneer hulle kwetsend is.
               Hulle sal jou voortdurend seermaak, maar om met die verhouding voort te kan gaan, moet
               hulle  met  iemand  in  ‘n  verhouding  wees  wat  nie  wrokke  koester  nie.  Daarby  moet  die
               slagoffer ter selfde tyd lojaal wees. Narsiste vereis lojaliteit. Dit gesê, die lojaliteit is net geldig
               vir  die  een  party.  Baie  narsiste  vereis  lojaliteit  van  hulle  vennote,  terwyl  hulle  self  die
               verhouding soos hippokrate verwoes; selfs deur skelm verhoudings met iemand ander te hê
               terwyl hulle by die slagoffers bly, en dit geskied sonder berou.

               Hulle slagoffers is geneig om net die goeie in ander te sien. Slagoffers ignoreer dikwels mense
               se slegte eienskappe, want hulle neig om hoofsaaklik op die goeie te fokus. As die narsiste ‘n
               slegte humeur het, kyk hulle maat hierdie eienskap mis, en fokus eerder op ‘n ander eienskap
               soos hoe goed hy of sy lyk. Die ‘ignoreer’ in ‘n verhouding met ‘n toksiet is belangrik, want dis
               al manier wat die verhouding sal werk. Vir die slagoffer is dit egter baie slegte nuus. Slagoffers
               is ook nie mense wat te veel op hulleself fokus nie, maar eerder op ander fokus; dit wil sê,
               hulle kyk nie intern vir hulle besluitneming nie, soos deur te vra "Hoe voel ek hieroor?" nie.
               Slagoffers evalueer eerder besluite deur hoe die ander persoon voel of kan reageer. Hulle gee
               meer om vir ander as vir hulleself, en dit is nie die norm vandag nie. Narsiste hou daarvan om
               vennote te vind wat hulleself opoffer. Narsiste het geen begeerte om op die slagoffer se
               behoeftes te fokus nie. Narsiste het 'n vennoot nodig wat bereid is om geen behoeftes te hê
               nie, op dié manier kan hy altyd seker maak dat slegs die toksiet versorg word. Slagoffers van
               toksiese mishandeling is geneig om die verantwoordelikhede van ander aan te neem sonder
               om  dit  eers  te  besef.  Aangesien  narsiste  baie  emosioneel,  irrasioneel  en  andersins
               onverantwoordelik is, help 'n maat wat die stukke optel om die verhouding aan die gang te
               hou. Iemand moet immers die kinders grootmaak en die rekeninge betaal.

               Narsiste wil altyd dinge doen soos dit hulle pas en volgens hulle wil, en dit moet presies net
               so gedoen word. Hulle is geneig om reël-georiënteerd en in beheer te wees, of beheer toe te




               * Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter.                                     99
   94   95   96   97   98   99   100   101   102   103   104