Page 101 - Getroud met 'n Leuen
P. 101
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
en aandag sal gooi in die verhouding en probeer om sy lewensmaat se emosionele probleme
op te los. Hoe meer liefde en sorg die empaat bied in die verhouding, hoe meer beherend en
kragtig word die narsis, en verskerp sy die gewelddadige dinamika. Dit lei tot 'n bose kringloop
van die demoralisering van die empaat deur die narsis, wat die gevoel van slagofferskap wat
die empaat reeds voel, verder voer. In hierdie afwaartse spiraal word die empaat nie net
geblameer vir die disfunksie van die verhouding deur die toksiet nie, maar hy draai ook sy
woede na binne en blameer homself.
Empate Voorsien "die Voedingstowwe" Wat Narsiste Kortkom.
Ek glo narsiste is aangetrokke tot empate omdat empate 'n optimale brandstof bron van
toksiese voorraad uitmaak vir narsiste. Die ironie wat nie uit die oog verloor moet word nie,
is dat die toksiet se lewe gaan net oor binêre polêre teenoorgestelde uiterstes.
Empate is by uitstek 'n toksiet se "brandstof" bron; hulle is in wese die hoogste graad toksiet
brandstof wat geld kan koop - wat ‘n bron bied wat ryk is aan integriteit, goedheid, eerlikheid
ens. Die toksiet het 'n "brandstof tekort" in daardie areas. Empate het die vermoë om nie net
persoonlik 'n magdom emosies te ervaar nie, maar kan ook omvattend toegang tot ander
mense se emosies kry deur die kanaal van empatie.
'n Empaat se vermoë om hom of haarself in die "emosionele skoene" van iemand anders te
sit, verhoog ‘n empaat se vermoë eksponensieel om met ander mense 'n verhouding te hê en
dis iets wat narsiste nie goed kan doen nie, indien hulle enigsins daartoe instaat is. As gevolg
van hulle vermoë om 'n oorvloed van emosies te ervaar, is empate in wese prop vol van die
soort verrykende "vitamiene en minerale" wat narsiste nodig het om hulle honger na die soort
kos te stil. Aangesien empate sielvolle wesens is wat met super graad brandstof (hoë gehalte)
opgestop is, word die empate hoog aangeslaan deur narsiste as ‘n trofee vangs. Narsiste, wie
uit hoofde van hulle lae selfbeeld eintlik ‘n "brandstoftekort*" het, verorber empate.
Die masker
Narsiste dra 'n masker van 'n valse self wat sy empatiese eggenoot/slagoffer se eienskappe
kan uitstraal asof dit sy eie is. Die toksiet is bewus daarvan dat voëls van eenderse vere geneig
is om saam te koek. Sy masker word gebruik as deel van ‘n set om sy niksvermoedende
slagoffer in te katrol as ‘n goeie vangs. Gevolglik sal die toksiet homself uit vyl as gaaf,
bedagsaamheid, deernisvol, vrygewig, eerlik, goed geaard, ‘n oop gemoed, gee graag (liefde,
hulp, ens.), liefdevol, hoë aanvaarding, hoë integriteit, vrygewig, nederig, intelligent,
humoristies.
As die toksiet nie 'n masker gedra het nie, sou empate in die toksiet se siel kon kyk en dit is
die laaste ding wat hy wil hê. Narsiste weet dat dit 'n absolute sekerheid is dat, as 'n slagoffer
in staat was om te sien hoe lyk ‘n ongemaskerde ware narsis, die slagoffer refleksief sou
gevlug het na die naaste berg toe. Die toksiet wring en dwarrel terwyl hy agter sy masker
wegkruip. Die enigste manier waarop hy sy valse selfgemaakte masker van uitwissing kan
beskerm, is om diegene te misbruik wat hy die nodigste het – empatiese slagoffers. As narsiste
empate onderskat, sal die toksiet tevergeefs probeer om die empaat se gees af te breek deur
hom verkeerd op te som en te dink hy is:
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 101