Page 96 - Getroud met 'n Leuen
P. 96
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
hulle gewoonlik nie "gesien" deur hulle families nie en voel hulle onsigbaar in die
groter wêreld wat nie sensitiwiteit waardeer nie.
• Aan die ander kant kan positiewe ouerskap sensitiewe kinders help om hulle geskenke
te ontwikkel en te koester. Ouers is kragtige rolmodelle vir alle kinders, veral
sensitiewe kinders.
In alle gevalle het empate egter nie geleer om op dieselfde manier stres te hanteer soos ander
nie. Empate is anders in daardie opsig. 'n Skadelike stimulus, soos 'n woedende persoon,
skares, geraas, of helder lig kan empate ontsenu, aangesien empate se drumpel vir sensoriese
oorlading uiters laag is. Genesing is moontlik vir alle sensitiewe mense. Selfs as mens vroeë
trauma ervaar het of deur gewelddadige of toksiese ouers grootgemaak is, is dit belangrik
dat mens leer om veilig genoeg te voel om jou sensitiwiteite te omhels. Deel hiervan behels
om te leer om gesonde grense met ander te stel en positiewe mense in jou vriendskapkringe
te kies wat jou sensitiwiteite kan ondersteun. Dit beteken om so ver as moontlik van ‘n toksiet
te bly as moontlik, al is daar ‘n geneigdheid om tot hulle aangetrokke te voel.
‘n Empatiese Kind Van ‘n Toksiet (Empaat) Kan ‘n Verhouding Met ‘n Toksiet
Soek.
‘n Empaat is in sommige opsigte die ideale vennoot vir die narsis, aangesien hy reeds deur sy
toksiese ouer geprogrammeer is om aan die aandagsoekende drange van sy toksiese vennoot
te voldoen. Dit is egter belangrik om te onthou dat die toksiet aandag soek met dieselfde ywer
wat 'n dwelmverslaafde dopamien soek – maar die toksiet het regtig grense nodig om die
psigologiese ontwikkeling wat hulle nooit as kleuter voltooi het nie, te voltooi. Daar teenoor
het die empaat hulle eie onvervulde ouerlike behoeftes. Terwyl die toksiet gevorm is deur 'n
gebrek aan grense, hetsy deur verwaarlosing of toegeeflikheid deur een of meer van die
ouers, het die empaat 'n manier om hulle eie mishandeling deur hulle toksiese ouer te
absorbeer en te verwerk. Die empaat het nie 'n gebrek aan grense nie – hulle het baie daarvan
gekry. Die empaat ontbreek aan die onbaatsugtige liefde wat alle kinders van ouers benodig.
Die empaat sal van hulle toksiese vennoot die verskoning(jammer sê) soek wat hulle nooit
van hulle toksiese ouer gekry het nie.
Hulle sal volwassenheid betree met 'n drang na 'n gevoel van behoort, aan 'n vriendskap, of
aan 'n verhouding waarin elke maat die beste belange van die ander op die hart dra. Die
empaat kan glo dat, as hulle net 'n beter persoon was , dan sou die toksiet uiteindelik hulle
ware waarde as 'n mens sien, en hulle liefhê soos hulle verdien om liefgehê te word deur op
te tree met hulle beste belange in gedagte. Wanneer die empaat poog om hulle onvervulde
behoefte aan selfopofferende liefde te kry in 'n verhouding met 'n toksiet (wat hulle eie
onvervulde behoefte aan grense het), sal die verhouding 'n spiralende afwaartse siklus van
frustrasie word. Die toksiet sal ongetwyfeld sy lewensmaat(slagoffer) kritiseer omdat hy
versuim het om genoegsaam voorsiening te maak vir die verwagte of verlangde aandag wat
deur die toksiet benodig word. Die vennoot (empaat), opgelei deur sy toksiese ouer, sal
luister, empatiseer, en probeer om sy pogings van voorsiening te verbeter, en dink dat die
toksiet uiteindelik die empaat se heldhaftige pogings sal erken, of ‘n verskoning sal aanbied
(tot sy sinne sal kom) en onbaatsugtige liefde sal gee. Die toksiet sien deur hierdie pogings
van die slagoffer, as dat hy meer en meer beheer kan uitoefen, en meer en meer kan eis.
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 96