Page 93 - Getroud met 'n Leuen
P. 93

NabasDiep    VERLIEF OP 'n LEUEN


               kan ook wees dat die kind nooit nodig gehad het om groot te word nie. Soos in die geval van
               ‘n paar neefs en niggies van my en veral ‘n spesifieke neef met baie probleme. Hy het die
               liefdevolste en pligsgetrouste ouers denkbaar gehad. Daar was nooit van hom verwag om die
               verantwoordelikhede van volwassenheid te aanvaar nie. Hulle sou altyd vir hom pa staan en
               uit enige situasie red. Daarom het hy geleer as hy nie iets wou doen of vir iets wou betaal nie
               –  skep  net  'n  'situasie' en  mammie  en  pappie sal  altyd  tot  die  redding  kom. Dit  kan  ook
               ontstaan as ouers ’n groot ophef van ‘n kind maak. Dit gee die kind die indruk dat hy/sy die
               enigste mens op aarde is, of die mooiste is, of die beste of wat ook al die verhewenheid
               veroorsaak om oorweldigend in die toksiet  te manifesteer.

               Waarskynlik is die mees simplistiese en akkurate beskrywing van 'n toksiet dat hy 'n kind is
               wat nooit groot geword het nie. Meer wetenskaplik kan mens dit so stel dat vir die brein om
               die meer komplekse emosies soos empatie te kan skep, moet die neurale paaie in die brein
               deur volgehoue, versterkende gebeure wat oor en oor plaas vind, geskep en ingeskerp word.
               Om hulle as het ware in die brein in te brand. As gevolg van die voorheen genoemde probleme
               in die kinderjare, het die toksiet nooit hierdie neurale paaie ten volle ontwikkel nie. Ons word
               gebore met gevoelens soos pyn, koud en warm. Maar ons is nie gebore met emosies wat ten
               volle ontwikkel is nie. Jy leer eenvoudige emosies soos woede en vrees vinnig aan, al van voor
               ons geboorte af en van daar oor die jare ontwikkel meer komplekse emosies. Maar nie in die
               geval van ‘n toksiet nie, vir hulle moes hulle eintlik ontwikkel het, maar het nie. 'n Groot deel
               van toksisiteit is in werklikheid die wete dat as jy nooit emosioneel betrokke raak in enige
               situasie nie, sal jy altyd 'wen'. En vir 'n toksiet beteken dit om die misbruiker/molesteerder en
               NIE die slagoffer te wees nie. En die toksiet kan daardie kennis nie ontleer nie, dis in hom in
               geprogrammeer of ingebrand vir ewig.

               Hoofstuk Ses: Hoekom Raak Ek En Jy Betrokke By 'n Narsis?

               Karakter-eienskappe Van Slagoffers Van Narsisme.
               Hoe meer mense daar in die wêreld is, hoe meer skyn dit dat daar allerhande soorte afwykings
               en versteurings bykom om die ou mensdom net meer gevaarlik te maak. Of sal mens eerder
               sê dat daar al meer gevaartekens is waarop mens moet let in verhoudings in hierdie tye?
               Ongelukkig is dit so dat daar vele mense is wat in  toksiese verhoudings vasgevang is, en in
               meeste van die gevalle is die slagoffer die een wat skuldig voel, wat swaarkry en nie regtig
               weet wat die probleem is nie. Teen die tyd dat die slagoffer besef dat daar iets verkeerd is in
               die verhouding, is die self twyfel reeds so ver gevorder dat dit moeilik is om die boom van die
               bas te onderskei. Slagoffers besit sekere eienskappe waarin  toksiese mense baie belangstel.

               Verborge (kwesbaar-broos) narsiste is geneig om 'n sekere persoonlikheidstipe te teiken. Dit
               is mense wat eienskappe besit wat hulle begeerlik maak vir narsiste. Hier is ‘n paar van die
               eienskappe waaroor slagoffers (empate) kan beskik:

                   •  Hulle is stil en onafhanklik.
                   •  Hulle besit ‘n omgee geaardheid (hulle bejammer die kwesbare kant van die narsis).
                   •  Hulle is sensitief en gevoelvol.
                   •  Hulle het ‘n sterk wil.

                   •  Hulle sosiale netwerk is nie baie groot nie.


               * Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter.                                     93
   88   89   90   91   92   93   94   95   96   97   98