Page 100 - Getroud met 'n Leuen
P. 100

NabasDiep    VERLIEF OP 'n LEUEN


               pas. Hulle is onbuigsaam. Dit bevoordeel narsiste om vennote te hê wat bereid is om "met
               die vloei te gaan" en wat nie 'n groot bohaai oor alles maak nie. As jy bereid is om die mindere
               te wees, uiters buigsaam te wees, en bereid is om al jou begeertes, skedules, behoeftes en
               reëlings te laat oorheers, dan is jy presies waarna die toksiet soek.

               Hoekom Is Daar So 'n Sterk Aantrekkingskrag Tussen 'n Toksiet En 'n Empaat?

               Die empaat hoop om werklik gesien en geliefd te wees deur die narsis. Trouens, hulle gevoel
               van  waarde  is  gekoppel  daaraan  om  deur  hulle    toksiese  vennoot  lief  gehê  te  word.  'n
               Onderbewuste denkproses vind plaas, waardeur die empaat glo dat, as hulle die uitdaging
               kan oorkom om die toksiet te kry om hulle lief te hê, dan sal hulle waarde bekragtig word.
               Met ander woorde, as hulle die persoon kan kry om iemand lief te hê waartoe hy nie in staat
               is om lief te hê nie, en hulle kry dit reg, dan is hulle werklik die toksiet se liefde waardig. Hulle
               probeer om die gewonde toksiet te genees met die hoop dat wanneer hulle eers genees is,
               hulle op hulle beurt die empaat sal voorsien van die liefde en erkenning wat hulle so desperaat
               begeer.


               Onderliggende  aan hulle  onderbewustelike begeerte om  liefde  te  soek  van  die liefdelose
               narsis, is 'n uitvloeisel uit 'n kinderjare verhouding dinamika waar hulle ongeliefd gevoel het
               of verwerp was deur 'n primêre versorger. Die empaat kon nie die onvoorwaardelike liefde
               ontvang wat elke kind nodig het nie. Dit kon plaasgevind het as gevolg van 'n  toksiese ouer(s),
               of  met  ouer(s)  wat  nie  beskikbaar  was  vir  hulle  emosionele  behoeftes  nie  (d.w.s.  moet
               opgemerk word, moet erken word vir 'n mens se sterkpunte, aanvaar en lief gehê word). Nou
               in hulle volwassenheid, probeer die empaat erkenning soek en om die waardering te voel,
               wat hulle nie as kind gevoel het nie. Maar nou is daar meer op die spel. Om liefde van net
               enigiemand te ontvang, sal nie hulle lae selfwaarde herstel nie. In hulle gedagtes is dit slegs
               deur die liefdelose toksiet te verander in die liefdevolle ouer wat hom aanvaar, kan hulle
               eiewaarde herstel word. Verder het die empaat, as gevolg van vroeë wanbevrediging en/of
               emosionele  onbeskikbaarheid  van  die  primêre  ouerfiguur,  geleer  om  liefde  met  pyn  te
               assosieer. Daarom is hulle verdraagsaam om mishandel te word deur hulle  toksiese vennoot.
               Die empaat gooi al sy energie agter die verhouding met die toksiet in, dikwels verdra hy hoë
               vlakke van mishandeling, met die hoop dat hulle die liefde wat hulle so desperaat begeer, kan
               ontvang. Die empaat blaf egter teen die verkeerde boom op. Om 'n toksiet in 'n emosioneel
               beskikbare en liefdevolle vennoot te probeer herskep, is nie moontlik nie. Die toksiet moet
               besluit om te verander. Solank as wat die empaat die toksiet se ontevrede gevoelens koester,
               sal die toksiet nie hulle eie gevoelens hoef te voel nie. Sonder om die diepte van hulle eie
               gevoelens te voel, kan hulle nie verander nie. In plaas daarvan om te verander, sal die toksiet
               waarskynlik nog 'n empaat vind om vir haar oorlewing te verseker, of net meer vernietigend
               optree teen die slagoffer.

               Empate  floreer  daarop  om  mense  te  help  en  aandag  aan  ander  te  gee,  maar  probleme
               ontstaan wanneer die empaat sy eie behoeftes in die proses ignoreer. Dikwels kan empate
               meer bewus wees van ander se gevoelens en wat in hulle omgewing aangaan, as wat hulle
               van  hulle  eie  interne  toestand  is.  Hierdie  patroon  lei  tot  die  onderdrukking  van  pynlike
               gevoelens, en 'n gebrek aan bewustheid oor hoe om hulleself teen ander te beskerm. Hoe
               meer ontkoppel die empaat is van eie gevoelens, hoe meer waarskynlik is dit dat hy al sy liefde



               * Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter.                                    100
   95   96   97   98   99   100   101   102   103   104   105