Page 105 - Getroud met 'n Leuen
P. 105
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
Gedurende die liefdesfase het jy waarskynlik voortdurend die toksiet geprys, of beter gestel,
haar ontsagwekkende skepping van haarself– die valse beeld – omdat sy die beste, mooiste,
mees liefdevolle, perfekte eggenote was waaroor jy kon gedroom het. Jy het haar geprys
omdat sy slim, volwasse en ondersteunend was. Maar dit is nie die persoon wat jy nou sien
nie. Jy glo steeds dat die vriendelike redelike vrou daar iewers is, maar dat sy nou net onder
iets begrawe is, en jy probeer hierdie redelike vrou te laat insien dat haar huidige gedrag
kwetsend en vreemd is. Seker doen sy dit net uit onkunde of dalk is sy nie so hardvogtig nie,
dink jy. Maar soos jy begin om die toksiet negatiewe terugvoer te gee oor haar gedrag en die
impak wat dit op jou het, gebeur die presiese teenoorgestelde van wat jy gehoop het sal
gebeur. Jy weet dit nog nie, maar jy veroorsaak nou ‘n toksiese besering en gee aanstoot aan
die toksiet se reuse ego. Die toksiet kan dit nie verdra of verwerk nie en sal uiters verdedigend
optree. Jy probeer om hierdie onredelike gedrag onder haar aandag te bring, maar iets regtig
vreemds gebeur - sy beskuldig jou daarvan dat jy verkeerd en mal is. Jy is nou geskok en begin
jou eie gedrag te ondersoek. Toe dit met my gebeur het, was ek verward. Maar ek het geweet
dat regdeur my verhouding met die narsis, was ek altyd bereid en gewillig om die blaam vir
alles te aanvaar. Ek het myself as verkeerd en beskadig beskou (dis wat sy my wou laat glo)
en het gewillig toegelaat dat sy pret maak van my verleentheid en skuldig voel omdat ek geglo
het dat sy my nie opsetlik al die skuld sou gee nie. Trouens, ek het altyd gesê ek moet iets aan
myself doen. Hoe kon sy my nou beskuldig dat ek die een is wat haar verkeerd wil bewys? Dit
het net nie sin gemaak nie.
Praat met jou asof niks gebeur het nie.
Om die een of ander rede verwag die toksiet dat sy altyd oor jou kan loop, en dat jy dit sal
aanvaar en met haar praat asof niks gebeur het wanneer sy besluit om weer aandag aan jou
te gee nie. Ek onthou van ‘n keer, ongeveer ses maande nadat sy my verlaat het. Sommige
van my besittings was nog in die toksiet se huis en ek het haar gekontak om 'n paar goed terug
te kry, want ek was besig om in ‘n nuwe huis in te trek. Sy was skielik ewe vriendelik en het
selfs aangebied om my te help met die trek en vir my te gesê dat sy daar was vir my as ek
enigiets nodig gehad het. Ek was nogal woedend. Ek herinner my van ‘n aand, dit was kort na
haar weggaan. Dit was maklik die ergste nag van my lewe. Ek was erg ontsteld. Die verwerping
en vrese vir verlatenheid van my kinderjare het skielik op my toegesak toe ek my kinders en
my toekoms so in die niet sien verdwyn. Ek het gevoel asof ek 'n knop in die middel van my
maag gehad het wat pyn en vreemde vibrasies het dwarsdeur my liggaam geskiet. Ek het
heeltemal verlore gevoel. Op daardie tydstip het ek geen vriende in die stad gehad waarheen
ek getrek na die verhouding verbreek het nie. Ek het haar desperaat in die middel van die nag
‘n boodskap gestuur – "As iets met my gebeur, kan ek op jou staatmaak as 'n vriend?" Sy het
nooit gereageer nie.
Maar op hierdie stadium, maande ná die weggooi wou sy skielik met my gesels asof niks
gebeur het nie. Sy het later 'n soortgelyke truuk probeer toe ek haar weer oor van my
besittings gekontak het. Dit was 'n pragtige somerdag en sy het my gevra of ek die weer
geniet. Ek het die gesprek kortgeknip. Later sou sy dit in my gesig gooi dat sy nie gepla kon
wees om gesprekke oor die weer met my te hê en voor te gee dat ons OK was nie....
Val jou aan as jy probeer om haar gedrag te bespreek wat jou seermaak.
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 105