Page 109 - Getroud met 'n Leuen
P. 109

NabasDiep    VERLIEF OP 'n LEUEN


               minder  aandag  aan  detail  te  gee.  Hulle  kan  jou  idealiseer  in  woorde  en  aksies,  wat  jou
               SPESIAAL laat voel. Ons wil almal spesiaal voel, so ons is geneig om dinge wat nie reg voel nie,
               oor die hoof te sien of bo-oor jou kop te laat gaan, want dinge beweeg vinnig. Vanweë die
               vinnige pas wat narsiste gebruik, is die slagoffer geneig om meer inligting oor haarself uit te
               gee as wat sy moet gedurende hierdie stadium. Ons begin om betrokke te raak in 'n gevaarlike
               dans waarin die Roofdiere ons gebruik, maar ons versuim om dit duidelik te sien as gevolg van
               die subtiele, goed deurdagte berekende aanslag. Hulle sal aanvanklik goed reageer en baie
               gee. Dit is 'n set om jou gedagtes te beheer om jou sodoende veilig te laat voel. Sodra hulle
               jou in hulle strik gevang het, dan begin die brein speletjies waarin die toksiet van emosionele
               manipulasie en mishandeling gebruik maak om die slagoffer onder te kry en uiteindelik te
               verwoes. Jy word hulle ‘puppet-on-'n-string’ en jy sal bly probeer om die toksiet tevrede te
               wil stel maar wat nooit tevrede sal wees nie en wat ook nooit vir jou omgegee het nie om
               mee te begin nie. Jy is gekies om hulle behoeftes te dien en hulle slaansak te wees.

               As jy vir jouself opstaan en hulle konfronteer, sal jy die ontvanger van ernstige strawwe wees
               soos stille behandelings en subtiele neerhalendheid en dan sal jou selfwaarde en beeld stadig
               agteruitgaan.  Onthou,  hulle  soek  juis  empate  omdat  hulle  ‘n  hoë  vlak  van  "begrip  en
               rasionalisering" het. Al hierdie goed moet dit in hoofletters uitspel dat jy moet ‘HARDLOOP’,
               maar baie empate besef dit nie totdat dit duidelik is dat dit 'n spel en illusie is, en dan is dit
               hopeloos te laat.

               Fase Drie - Die Weggooi/Verwerp stadium. Hierdie fase is onvermydelik met alle patologiese
               Narsiste en Psigopate. Hulle het óf alles van jou onttrek wat hulle kan, of hulle raak verveeld
               omdat die empaat deur hulle masker gesien het, en dan is daar nie meer pret daarin om die
               empaat te teister nie en hulle beweeg aan na ‘n nuwe slagoffer. Soms vinnig, soms stadig. As
               jy uiteindelik opvang of bewus raak dat daar iets ernstig verkeerd is(en jy sal), moet jy al die
               moed bymekaar skraap om uit die verhouding te ontsnap, maar nie sonder om 'n deel van
               jouself en jou onskuld te verloor.

               Alhoewel empate NOOIT die pragtige deel van hulle wat in lig en liefde glo, moet laat gaan
               nie, moet hulle leer om 'n baie pynlike lewensles te verstaan. Onder die baie goeie mense wat
               op die planeet loop, is daar baie ander wat anders as ons bedraad is en donker bedoelings
               het. Dit is slegs wanneer die empaat dit verstaan, om 'n universele waarheid te wees, dat hy
               die Roofdiere wat tussen ons loop, sal kan oorleef. Narsiste het die vermoë om empate uit te
               ruik en laat geen steen onaangeroer om die uitgesoekte empaat op te soek nie. Binne minute,
               ure of dae sal jy gebombardeer word met idealiserings kontak van die roofdier wat jou dadelik
               sal laat glo dat jy iemand ontmoet het wat baie geïnteresseerd is in jou; iemand wat waarde
               in jou sien maar ongelukkig is dit glad nie goeie bedoelings nie.
               Narsiste Het Geen Gevoel Vir Jou Nie.

               Soos Jon Rhodes se: “Narsiste hou oor die algemeen daarvan om in verhoudings te wees.”
               Hulle moet aanbid word. En romantiese verhoudings is gewoonlik die beste manier om dit te
               bereik. Narsiste sukkel egter om vir ander te sorg. Hulle fokus in 'n verhouding is hoe hulle
               voel en lyk. Nie jy nie. Maar hulle weet, om in 'n verhouding te wees, moet hulle iets gee. En
               liefdevolle woorde is baie makliker om te gee as liefdevolle dade en dit is nog makliker as om




               * Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter.                                    109
   104   105   106   107   108   109   110   111   112   113   114