Page 112 - Getroud met 'n Leuen
P. 112
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
Nog 'n onsmaaklike waarheid is dat sodra hulle weg is van jou, hulle heeltemal gemaklik is
met iemand nuuts in hulle lewe en hulle gee jou nie ’n tweede gedagte nie, terwyl jy nie
sommer net kan vergeet van hierdie persoon nie. So nou moet jy die tyd neem om te leer hoe
om jou manier van dink te herprogrammeer en te leer om jouself eerste lief te hê. Dit is uiters
moeilik om te doen. Om te weet dat 'n poging om jou terug te kry niks anders as 'n klap in die
gesig is nie, en om nooit ooit dit eers te oorweeg nie, want dit gaan jou net verder terug sit
en jou in jou herstel vertraag.
Dis swaar om te leer dat liefdesoorweldiging* die gevaarlikste deel van die toksiese 3-fase
siklus is, want dit is wanneer jy deur trauma gebind word aan die toksiet en dan is dit maklik
vir die toksiet om jou later in die verhouding te misbruik. Dan kom ons by die devalueer fase
en hulle begin die passiewe aggressiewe benadering , en die toksiet begin jou ernstig misbruik
en jy wil nie glo dat dit gebeur nie, so word kognitiewe dissonansie geskep. Op die ou end
blameer jy jouself en wanneer jy so weggegooi word, is jy een totale wrak van ‘n mens en die
persoon wat jy gedink het jou liefgehad het, was geheel en al vals, en wat dit geniet het om
jou seer te maak en jou lewe te verwoes.
So die enigste manier om te herstel is deur te leer oor NPV . Dan moet jy aanvaar dat jy ook
foute het en die enigste manier om te herstel, is om deur hierdie foute te werk en van hulle
te wete te kom en te identifiseer sodat wanneer jy herstel, niemand jou ooit weer deur hel
sal sit nie, nooit ooit weer nie. Want nou gaan jy meer bewus wees van die ongediertes in die
lewe en jy sal meer verantwoordelik wees in die manier waarop jy mense kies wat jy in jou
lewe wil toelaat. Jy gaan nie skuldig voel om nee te sê nie en dit gaan 'n koue dag in die hel
wees voordat enige een gaan probeer om deur jou grense te breek net om jou seer te maak,
en dit vir hulle pret, plesier en speletjies.
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 112