Page 110 - Getroud met 'n Leuen
P. 110
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
liefdevol te wees. Narsiste het nie emosionele empatie nie. Hulle voel nie sleg as jy sleg voel
nie. Hulle kon wel 'n bietjie intellektuele empatie geleer het. Soos, hulle weet dat jy
platgeslaan sal wees wanneer jy 'n geliefde verloor. Maar hulle voel dit nie, en het geen
meelewing nie. So dit is vir hulle baie maklik om daaroor te kom en te vergeet.
Narsiste kan liefdevolle aksies aan die begin vervals, wanneer hulle probeer om jou oor te
wen as ‘n lewensmaat. Maar hulle word gou moeg en vergeet hiervan. So hulle gee wildweg
kompliment hier en daar om jou gelukkig te hou. Maar dit is nie opreg nie. Dit is sodat hulle
kan kry wat hulle wil hê. Dit klink baie sleg, maar die toksiet het jou nie werklik lief nie. Hulle
mag daarvan hou om by jou te wees. Hulle hou daarvan oor hoe jy hulle laat voel en hulle hou
definitief daarvan dat jy so baie dinge vir hulle doen, maar hulle het jou beslis nie lief nie, dit
vervals hulle as hulle dit brood nodig het om vir jou te wys. Daarom is dit nie natuurlik vir
hulle om hulle liefde op "die klein maniere" te vertoon nie, en hulle het deernis nie, dit is
totaal buite hulle bereik. In hulle gedagtes dink hulle, wat is die punt? Na 'n rukkie kom dit nie
eens meer in hulle gedagtes op nie, veral as hulle ‘n geruime tyd in ‘n verhouding met iemand
is, dan vervaag dit tot niks. Maar elke nou en dan sal hulle iets romanties sê om jou te vrede
te stel. Hulle wil wel die verhouding aan die gang hou. Maar dit is as gevolg van wat jy vir hulle
gee. Dit is nie uit 'n gevoel van gebondenheid of lojaliteit nie.
Dit is hoekom dit verwarrend kan wees om in 'n verhouding met 'n toksiet te wees. En dit kan
"kognitiewe dissonansie" veroorsaak. Hulle sê vir jou een ding, maar tree totaal anders op.
Hulle sal vir jou sê hulle het jou lief, maar net omdat hulle weet dit is wat jy wil hoor. Maar
hulle verloor die motivering om liefdevolle dinge vir jou te doen, en om liefdevol te wees.
Edward Tierney – 'n sielkundige se kommentaar op die verbreking van die siklus is as volg:
Beheer! Alles met narsiste gaan oor beheer. As hulle jou kwaad kan kry, het hulle jou reaksie
beheer en daarom beheer hulle jou. As jy die toksiet wil ontstel (verlaat hulle is my algehele
raad, maar kry jy eers 'n paar steke in) weier om kwaad te word – kry hulle terug deur hulle
met hulle eie spel terug te betaal. Maak hulle eerder kwaad deur hulle te kritiseer. Narsiste is
baie maklik om gedagte speletjies mee te speel as jy eers weet hoe. Jy ken die swak plekke
van die toksiet in jou lewe- myne was sensitief oor sy terugtrekkende haarlyn, so al wat ek
moes doen om hom op te wen, was om daarna te staar en te glimlag. Maar haai, dit is nie 'n
speletjie wat jy langtermyn wil speel nie, jy word so erg soos hulle, en jy sal steeds ellendig
voel, so kom so gou as moontlik daar uit. Alle toksiese verhoudings is gedoem. Almal sal
eindig in trane vir die slagoffer. So om weg te kom is die enigste manier om 'n gelukkige lewe
êrens anders te begin, definitief sonder die toksiet . Dit is die donker kant van narsisme. As
dit alles net spog en flambojante rookskerm was sou dit dalk draaglik kon wees al was dit 'n
bietjie irriterend, maar dit is baie donkerder as dit. Narsiste is onaangename mense, selfbehep
en eenvoudig nie gesond om naby jou te hê nie. Hulle beskadig mense en dit is belangrik om
almal op te voed oor narsisme, en die gevare daarvan. My beskeie antwoorde kan net 'n
‘snapshot’ verskaf, met betrekking tot net 'n klein gedeelte van narsisme, want dit is ‘n
ontsaglike groot veld, so jy moet dit bestudeer om dit behoorlik te verstaan. Dit sal enorme
dividende betaal. Jy sal in staat wees om beter om te gaan met enige toksiet wat naby jou
mag wees, soos familie, en jy sal in staat wees om te sien wat gaan gebeur as jy so ongelukkig
is om in ‘n verhouding met een te wees. Ek beveel dus aan dat almal moet leer deur oor
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 110