Page 108 - Getroud met 'n Leuen
P. 108

NabasDiep    VERLIEF OP 'n LEUEN


               gedink dit sou die beste hulpmiddel wees om so 'n verwarrende stryd op te los. Ek het myself
               blameer omdat ek nie behoorlik gekommunikeer het nie. Ek het myself blameer omdat ek dit
               verloor het en gal gebraak het. Ek het gedink dit was vir my om dit reg te stel. Met nie-
               gewelddadige kommunikasie het ek basies sy eie woorde aan die toksiet begin terug kaats en
               die teenstrydighede in haar uitsprake beklemtoon. Sy kon dit nie hanteer nie.

               Tydens ons finale uitruilings het ek 'n hele verslag van goed wat ek gesê en gedoen het in die
               verlede van haar gekry, sommige dateer uit die vroegste tye van die verhouding, verdraai op
               'n  manier  wat  gebruik  kan  word  as  ammunisie  om  my  karakter  te  vermoor.  Onskuldige
               opmerkings  wat  ek  gemaak  het  oor  ander  mense,  dinge  wat  ek  gesê  of  gedoen  het  en
               waarvoor ek 'n duisend keer om verskoning gevra het en moes vra. Dit was alles nog daar in
               die toksiet se gedagtes, vars en gereed om teen my gebruik te word. Die probleem was dat
               ek steeds nie gereed was om te laat gaan nie. Die laaste ding wat sy vir my gesê het, was dat
               ons in die toekoms slegs sal praat wanneer ek ophou om haar te vertel dat sy enige skuld aan
               die verbrokkeling van die verhouding gehad het.

               Die gekaapte kinders.

               Tydens die tyd wat hierdie drama ontvou het, het die kinders natuurlik in die donker gesit
               want hulle enigste bron van inligting was hulle ma. Die inligting wat deurgegee was, was
               deurspek met onwaarhede en verontskuldigings. Helaas was ek nog steeds die skurk en sy die
               held, want ek het geen idee gehad, en sou dit ook nooit geglo het, dat ‘n mens ‘n ding soos ‘n
               toksiet kry wat al hierdie dinge doen net om hulle valse fasade te beskerm.

               Hoe Narsiste 'n Empaat As Slagoffer Identifiseer.
               Een van die beste beskrywings is gegee deur dr. Paul Babiak, 'n kenner in Psigopatie. Ek het
               dit hier opgesom (met 'n paar van my eie interpretasie) naamlik die wedstrydplan wat hulle
               gebruik. Alhoewel die meeste van ons oor die drie stadiums lees, nl. Idealiseer, afbreek en
               weggooi, praat dr Babiak ‘n bietjie anders oor die stadiums:

               Fase Een - Die Assessering stadium. Dit is waar die Roofdiere beplan om jou te ontmoet en
               met jou te probeer kommunikeer om te sien of jy aan hulle vereistes as prooi voldoen. Hulle
               kyk na jou lyftaal, luister na die weerstand van jou antwoorde, vra jou baie vrae en skenk
               aandag aan jou met opregte oogkontak. Die roofdier bepaal dan watse gebruik hy van jou kan
               maak. Goeie kontakte? Seksuele verhouding? Finansiële gewin?, ens. Dit is soos 'n leeu wat
               'n bok uitsoek.

               Hulle sal dan vinnig opvolg met die insameling van jou kontakinligting soos op sosiale media,
               telefoonnommers, ens. Binne minute, ure of dae sal jy gebombardeer word met versoeke van
               idealisering van die roofdier wat jou dadelik sal laat glo dat jy iemand baie besonders is en
               dat hy geïnteresseerd is in jou en jou graag sal wil ontmoet; iemand wat waarde in jou sien.

               Fase Twee - Die Manipulasie stadium. Dit is waar die empate glo dat die meeste mense 'n
               tweede kans moet kry, (omdat mense inherent goeie bedoelings het - OF NIE!), maar die
               toksiet is besig om sy slagoffer stadig en metodies onder die trans van die PSIGOPATIESE SPEL
               te kry. Hulle is baie geneig om ‘n verhouding met spoed aan te jaag, want dit laat minder tyd
               om diepsinnig oor alles te dink en in die haas is dit makliker om jou eie grense te skuif en



               * Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter.                                    108
   103   104   105   106   107   108   109   110   111   112   113