Page 106 - Getroud met 'n Leuen
P. 106
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
Ek was baie stadig om tot die besef te kom wat dit eintlik is wat ek besig was om te probeer
uitwerk van die toksiese verhouding. Omtrent 'n jaar ná die weggooi het ek steeds baie
emosionele spanning gevoel rondom die manier waarop die verhouding ineengestort het. Ek
wou met die toksiet praat en dinge opklaar. Ek het gedink dit moet moontlik kan wees om 'n
positiewe afsluiting te hê. Ek het myself deels blameer omdat ek nie altyd die situasie op die
regte manier hanteer het nie. Ek het geweet ek het 'n paar woedende foongesprekke tydens
die verwerpfase gehad, sommige van hulle het taal bevat wat mens as beledigend sou kon
kwalifiseer, en ek het gedink ek het die toksiet seergemaak. Ek wou die positiewe
herinneringe hou, maar ek het nodig gehad vir haar om te verstaan dat haar skielik
verdwyning uit my lewe na twintig jaar van wat ek gedink het was 'n ernstige verhouding was
sielkundig baie moeilik vir my. Ek wou hê sy moes verstaan dat haar weiering om my as ‘n
mens te respekteer, was wat my inderdaad so kwaad gemaak het en veroorsaak het dat ek
gal braak.
Ek het sedert die verwerping baie leeswerk gedoen. Ek het verstaan dat wat sy gedoen het,
klipskansing*(stonewalling) genoem word en ek was bekommerd dat ek dit veroorsaak het
deurdat ek haar gedrag te sterk gekonfronteer het. Ek het gedink sy weet nie wat sy doen nie.
Ek het gedink sy het my gestenig omdat sy oorweldig en verward gevoel het. Ek wou dit
uitklaar. Maar my bedoelings het iets in haar getref wat ek nie verwag het nie. Die toksiet het
in woede uitgebars en kwetsend vir my gesê dat ek ongesond is deurdat ek nie kan
aanbeweeg nie. Dat sy lankal aanbeweeg het, hoegenaamd geen spyt gehad het nie en dat sy
gehoop het dat ek eendag ook gelukkig sou wees soos sy(dit sou haar fokuspunt word tydens
ons finale kommunikasie-pogings). Sy het ook vir my gesê sy is glad nie spyt dat ek in pyn was
nie en het gehoop dat ek in die vuur sal brand.
Sy het iets so op die kant bygevoeg dat die verhouding nooit regtig so goed was nie, dat dit
eenvoudig sy gang gegaan het, en dat sy absoluut geen voordeel gesien het om oor enigiets
te praat nie. Trouens, daar was geen verpligting vir haar om enigsins met my te praat nie, het
sy gesê, wat dit vir my bo enige twyfel duidelik gemaak het dat sy werklik geïrriteerd was deur
my pogings.
Soos sy gesê het, was sy nog altyd die tipe wat eenvoudig die bladsy omblaai, die brug brand
en nooit terugkyk nie. Dit was anders as die vrou wat my aanvanklik gerusgestel het dat sy my
altyd sou liefhê en my respekteer. Die kognitiewe dissonansie het my uitmekaar geskeur en
ek het gedink dit was 'n kwessie van lewe en dood om dit op 'n positiewe noot af te sluit. Ek
het dit nie reggekry nie. Ek het nie geweet hoe om die herinnering aan die redelike liefdevolle
persoon te versoen met hierdie veragtelike wese waarmee ek nou interaksie gehad het nie.
Ek wou regtig in vrede aanbeweeg, sonder wrok en bitterheid. Maar hier is hoe dit werk in
die wêreld van 'n toksiet - as jy ‘n wrok dra en woede voel teenoor iemand, is dit jou skuld.
Die rede vir jou gevoelens is omdat jy wrokkig en bitter voel, dit is nie die feit dat die toksiet
jou behandel op maniere wat disrespekvol en blatant gemeen is nie. Ek met my moeilike
emosies, was die presiese verskoning vir hierdie toksiet om nie met my te praat nie. Trouens,
sy het gesê dat sy enige toekomstige gesprekke slegs sal hê wanneer ek ophou om wrokkig te
wees. En sy het byvoeg dat ek duidelik meer tyd nodig gehad het om daaroor te kom.
Weier om jou te ontmoet totdat jy hom smeek
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 106