Page 83 - Getroud met 'n Leuen
P. 83

NabasDiep    VERLIEF OP 'n LEUEN


               haas onmoontlik om dit te doen, en daarom is dit ook selde dat hierdie mense gediagnoseer
               word met ‘n afwyking. Dit is slegs wanneer hulle afwyking ernstige gevolge van depressie het,
               dat hulle vir so ‘n rede mediese of sielkundige hulp sal soek.

               Daar is sekere oorvleuelings in simptome tussen NPV en HPV en hieronder is sewe tekens van
               'n  oor-emosionele  histrioniese  narsis,  met  verwysings  na  die  boeke  How  to  Successfully
               Handle Narcissists en A Practical Guide for Narcissists to Change Towards the Higher Self.
               Terwyl  sommige  mense  van  die  eienskappe  hieronder  van  tyd  tot  tyd  mag  vertoon,  wat
               gewoonweg nie 'n groot probleem is nie, sal 'n histrioniese toksiet gereeld een of meer van
               die volgende afwykings vertoon, en mag dit aansienlike verwoesting en skade berokken aan
               slagoffers en die toksiet self.

               Histrioniese narsiste het dikwels die neiging om erge dramatiese negatiewe emosies uit te
               stal wanneer hulle nie die aandag, waardering of geregtigdheid ontvang wat hulle glo hulle
               verdien nie. Dit kan wissel van om nie vinnige kliënte diens te kry nie, tot ‘n eggenoot wat ‘n
               gebrek aan oplettendheid (soos in dadelik) het, om voor "nee" gesê te word wanneer hulle 'n
               "uitsondering op die reël" vir hulleself soek, of in ander gevalle wanneer hulle self opgestelde
               voorregte nie die nodige aandag kry nie. Histrioniese narsiste is dikwels onredelik in hulle eise,
               onbillik in die manier waarop hulle mense behandel, onsensitief vir die probleme van ander,
               en onvoorspelbaar in hulle emosionele reaksie. Of dit nou intense woede (toksiese woede) of
               maniese  uitbarstings  (histrioniese  drama)  is,  hulle  beskou  dikwels  'n  gebrek  aan
               oplettendheid en ‘n uitstel van aandag as 'n bedreiging vir hulle selfbeeld, en reageer met
               vyandigheid en selfs aggressie. Hulle oorweldig hulle slagoffers met intense negatiewe drama
               (gaan ballisties) of deur hulle slagoffers te intimideer met die hoop om te kry wat hulle wil hê.

               Die anderkant kant van die vertoon van te dramatiese negatiewe emosies om aandag te kry,
               is om oppervlakkige dramatiese positiewe emosies vir dieselfde einddoel uit te stal. Hulle
               het  uitsonderlike  'oppervlakkige'  sosiale  vaardighede  wanneer  hulle  dit  wil  gebruik
               byvoorbeeld ekstroversie, beplanning van pret aktiwiteite, ens. Dit is geen verrassing dat baie
               mense hulle beskou as die 'lewe van die partytjie' nie. Hulle is geneig om talle oppervlakkige
               en vlak verhoudings te hê wat hulle vriende noem (insluitend mense wat hulle geken het vir
               'n hele paar jaar). Alhoewel hulle sogenaamde vriendskappe kan hê wat oor ‘n paar jaar strek,
               is dit vir hulle ongelooflik maklik om van ‘n vriendskap ontslae te raak sonder veel emosie.

               Hier kan die histrioniese toksiet sjarme en verleiding gebruik om hulle teikens "oor te wen"
               (en  sodoende hulle  aandag  en  onderdanigheid te beheer). Voorbeelde sluit  in  onopregte
               vleitaal,  'n  beroep  op  ydelheid  en  ego,  valse  vriendelikheid  en  aanvaarding,  oordrewe
               nabyheid  en  intimiteit,  die  beloof  van  positiewe  belonings  nadat  negatiewe  behandeling
               uitgedeel  is,  ens.  Sommige  histrioniese  narsiste  is  bedrewe  met  die  oorskakeling  tussen
               positiewe en negatiewe emosies. As hulle nie die spesiale aandag kry wat hulle glo hulle
               verdien deur die oppervlakkige vleier te wees nie, kan hulle baie skielik rigting verander en 'n
               die  vyandige  aggressor  word.  Hoofrede  vir  die  te  dramatiese  gedrag  (beide  negatief  en
               positief)  van  die  histrioniese  toksiet  is  die  onversadigbare  begeerte  vir  aandag  en
               goedkeuring.







               * Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter.                                     83
   78   79   80   81   82   83   84   85   86   87   88