Page 80 - Getroud met 'n Leuen
P. 80

NabasDiep    VERLIEF OP 'n LEUEN


               heeltemal uitgedaag word deur ‘n verborge narsis, juis omdat die toksiet ‘n verdraaide brein
               het.

               Deur 'n persoon se ideologiese fondament weg te neem, maak dit vir die verborge toksiet net
               soveel makliker om hulle uit te byt en te manipuleer. Verborge narsiste het net 'n enkele doel,
               en dit is om hulle eie ego te voed. Hulle sal dit doen deur wat ook al nodig is, al beteken dit
               selfs dat dit ten koste van mense is wat vir hulle omgee (en die meeste van die tyd is dit in elk
               geval die slagoffer of eggenoot).

               Narsiste  is  emosioneel  ontoeganklike  en  geestelike  verwronge  mense,  veral  verborge
               narsiste,  wat  ‘n  hele  lewe  saam  flans  om  hulle  ego  en  honger  na  selferkenning  en
               selfverheffing te stil, want hulle het geen eie waarde nie. Daarom moet hulle ander en veral
               die slagoffer afbreek sonder om hulleself as geestelik verwronge te openbaar. Hulle wil hê jy
               moet weet dat jou emosies is 'n negatiewe deel van jou psige. Hulle wil hê jy moet voel dat
               hulle beter is as jy omdat hulle volle beheer oor hulle emosies het, terwyl jy dit nie het nie (so
               wil hulle jou laat glo).

               Hulle laat jou klein en dom voel bloot oor die feit dat jy ‘n vriend nodig het vir emosionele
               ondersteuning, aangesien hulle glo hulle is so emosioneel stabiel en wonderlik saamgestel.
               Jou vriende word jou ontneem, maar hulle maak seker dat hulle altyd ‘n groot gehoor het om
               na hulle wonderlike lewe en probleme te luister.  Narsiste ervaar nie emosie op dieselfde
               manier  as  wat  ander  mense  dit  ervaar  nie,  en  daarom  sukkel  hulle  om  betekenisvolle
               verhoudings met mense rondom hulle te bou. Hulle praat oneindig baie oor emosie, maar in
               realiteit is dit slegs woorde maar geen dade nie. Hulle het nie emosie nie, en vervals tot liefde!

               Terwyl  ekstroverte  narsiste  dit  uitdruk  deur  onaangenaam  en  luide  gedrag,  sal  verborge
               narsiste meer geneig wees om hulle vennote en vriende heeltemal te oordonder met hulle
               dade en probleme wat altyd groter is as enige iemand anders sin. Hulle verstaan nie die
               behoefte om ander mense naby aan hulle waarlik te komplimenteer of te prys nie, want hulle
               glo natuurlik hulle is inherent beter, so enigiets wat hulle lewensmaat of vriende kan doen, is
               nooit genoeg om hulle te beïndruk nie. Hulle sal wel die woorde uiter om mense te laat
               verstaan dat hulle omgee, maar innerlik is daar geen gevoel van waardering nie.

               Ander ervarings wat jy kan ervaar in die nabyheid van ‘n narsis:

                   •  Hulle word kwaad wanneer jy siek is.
                   •  Hulle verafgod en kopieer sekere mense, hou daarvan om hulle te bevriend.
                   •  Hulle is kundige “liefdes oorweldigers*”, maar is seksueel afsydig en totaal onbevoeg.
                   •  Hulle het geen begeerte om op 'n persoonlike vlak vir jou te sorg nie.
                   •  Hulle val jou aan vir geen rede nie.
                   •  Hulle vergeet doelbewus van jou versoeke.
                   •  Hulle ‘gaslig*’ wanneer dit kom by seks.
                   •  Hulle is misnoeg, laag in lewensvreugde, geniet dit om kwaad en verkleinerend van
                       ander te praat en is met niks tevrede of kan niks geniet nie.
                   •  Hulle dreineer al jou energie, maar gee niks terug nie.
                   •  Hulle het geen ander belange as slegs eie gewin nie.




               * Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter.                                     80
   75   76   77   78   79   80   81   82   83   84   85