Page 66 - Getroud met 'n Leuen
P. 66
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
Jy probeer jou metgesel se emosies en gevoelens beheer: Jen Elmquist, glo dat ‘n duidelike
indikator van emosionele mishandeling lê daarin oor hoe jy teenoor jou metgesel optree en
of jy konstant probeer om sy/haar emosies te beheer of oor te neem. “As ouers sukkel om
hulle eie emosies te bestuur, leer kinders gaandeweg om vir hulle te sorg” vertel sy. “Dit is
die gevolg van omgekeerde ouerskap, ‘n omkeer van rolle waar die kind die
verantwoordelikheid van die ouer opneem omdat die ouer nie bevoeg is om hulle eie
gevoelens te beheer en/of te bestuur nie.”
Elmquist sê dit kan op meer as een manier manifesteer in die volwasse kind se huidige
romantiese verhoudings, insluitende: om gedagtes te lees om probleme te voorkom; om te
sê ek is jammer as ek dit nie bedoel nie maar bloot sê om te probeer keer dat jou maat nie
ontsteld raak nie; en om skuldig te voel sonder rede, as jy niks verkeerds gedoen het nie.
Jy is in ‘n toksiese verhouding: As jy vind dat jy gereeld romantiese metgeselle kies wat sekere
karaktertrekke het wat ooreenstem met die van jou ouers, beide goed en sleg, dan is dit iets
om ernstig in gedagte te hou, sê Bruett. “Baiekeer kies ons pasmaats wat ons familiêr laat
voel”, sê hy. “As ons uit ‘n huis kom waar nalatigheid aan die orde van die dag was of
emosionele mishandeling plaasgevind het, dan is ons geneig om mense aan te trek wat ons
op dieselfde wyse sal behandel en dus geneigd sal wees tot mishandeling. Natuurlik is mens
in staat om die siklus te verbreek of te oorkom, maar mens moet eers daarvan bewus wees.”
Jou ma se reaksies is wisselvallig en inkonsekwent: As jou ma nie dieselfde reaksie het op
dieselfde gedrag van die kind nie, is dit haas onmoontlik vir die kind om te weet wat reg is of
om te weet hoe om op te tree. As jy ‘n klein foutjie maak mag sy dalk gaaf en vergewend
wees, of sy kan woedend wees en heftig reageer. Hierdie verandering in die toestand van
hulle gemoed kan dit moeilik maak vir kinders om te weet wat om te verwag van die
ouer/kind verhouding. Inkonsekwente reaksies op ‘n kind se gedrag kan ‘n teken wees van
emosionele onstabiliteit in ‘n emosionele mishandelende ouer se gedrag en dit laat die kind
voel asof die ouer te enige tyd kan ontplof – asof hulle die hele tyd op eiers in hulle eie huis
moet loop. ‘n Onnodige angsgevoel waarmee die kind opgesaal sit.
Jy moet die goed verdien wat jy kry: Onvoorwaardelike liefde bestaan nie altyd tussen
emosionele mishandelende ouers en hulle kinders nie, wat kan beteken dat daar van hulle
kinders van jongs af verwag word om tot op ‘n sekere vlak te presteer sodat hulle goed kan
kry wat na regte vrylik in die huis beskikbaar behoort te wees.
Vir party beteken dit dat hulle voortdurend moet seker maak dat hulle genoeg doen vir die
ouer om gelukkig en trots te wees op die kind en die kind sodoende sy waarde moet toon. Vir
ander was dit nodig om gedurig te werk in die huis sodat hulle kon kry wat hulle nodig gehad
het, omdat dit die enigste manier was as hulle slawe van hulle ouers was. Nie net het sommige
ouers van hierdie gedragspatrone, soos om kos en ander noodsaaklike te weerhou ingedruis
teen aanvaarbare norme nie, dit het tot gevolg dat die kinders reuse onsekerhede moes
oorkom en in baie gevalle tot totale onwaardigheid gelei.
Jou ouers laat jou nie toe om jouself te wees nie: Emosionele mishandelende ouers kan
verskeie opsies uitoefen om hulle kinders te dwing om te wees soos wat die ouers verwag
hulle moet wees. Hulle doen dit deur die groei van hulle individualiteit te beheer en om
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 66

