Page 61 - Getroud met 'n Leuen
P. 61
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
Die Toksiet Se Teelaarde.
Baie dae wonder ek wat maak dat mense aangaan ongeag van wat die lewe na hulle kant toe
gooi? Mense wat nie geestelik stoei met een of ander probleem nie, weet nie regtig hoe
gelukkig hulle is nie. Hoe dankbaar hulle eintlik teenoor hulle hemelse Vader moet wees nie,
dit is voorwaar seëninge van Bo.
Ons geestelike lewenssiklus is baie soos die kosketting in die natuur. Dit reën en die gras groei,
die bok eet die gras, mis daarop vir bemesting en word vet en dan kom die leeu en vang die
bok en eet hom op. So is die mens ook, hy word gebore met of sonder ‘n geestelike afwyking,
hy is gelukkig as hy grootgemaak word deur ouers wat nie een of ander geestelike afwyking
het nie, en hy is nog meer gelukkig as hy nie iemand in sy jong dae ontmoet wat hom verderf
toe lei nie en op sy gelukkigste as hy trou met iemand wat nie een of ander geestelike
afwyking het nie, maar aan die Here behoort.
Die mens se lewenskarakter is nou verbonde aan hoe sy ouers hom grootmaak, hoe sy
karakter gevorm is, watse mense in sy lewe inkom en hoe hy daarop reageer. Baie van die
probleme begin in mense se kinderjare. Hulle emosionele of psigologiese stabiliteit word
immers ernstig bepaal deur gebeure in hulle kinderjare. As hulle ouers hulle misbruik, as hulle
ouers emosioneel ontoereikend is in die kinders se proses van grootword, as hulle verkrag
word, hetsy emosioneel of fisies; dit alles het ‘n wesenlike impak op hulle lewe en bepaal
watse produk aan die einde van die proses geproduseer word. Die produk bepaal watse ouers
hulle op hulle beurt gaan wees en of die siklus homself weer sal herhaal.
Vir die grootword jare is daar net een faktor wat bepaal wat se produk gelewer gaan word en
dit is die ouers. Ouers is in baie opsigte nie altyd opgewasse om al die probleme die hoof te
bied nie en daar is altyd ‘n magdom van verskonings wat aangebied word oor waarom hulle
nie al die aandag kan gee of wil gee nie. Ook ‘n magdom van verskonings oor hoekom die kind
sus of so uitdraai, maar baie min ouers het ‘n vooropgestelde gesamentlike plan oor hoe om
‘n gelukkige kind te produseer en talle gee buite faktore soos groepsdruk, die sosiale media,
die algemene verval, ensovoorts die skuld as die kind nou nie so wonderlik is wanneer hy of
sy volwasse is nie. Selde sal ouers erken hulle het net nie genoeg omgegee nie.
Die situasie vererger wanneer ouers emosioneel onstabiel is. Dit mag dalk net een ouer wees,
maar dan het die ander ‘n verantwoordelikheid om die situasies te beredder. Baie keer is een
ouer onvermoënd en die ander is plein net afwesig. Gee die werk, die lewe of wat ook al die
skuld vir die kinders se gestoei. In baie gevalle is dit die sogenaamde lewensdruk wat die
probleme vererger. Ouers wil nie erken dat hulle probleme met kind grootmaak het nie omdat
hulle bang is vir wat ander mense sal sê of dink. Die stigma is die ding! Daar is net nie meer
die Bybelse teenwoordigheid en waarheid te bespeur nie, en is dit ooit belangrik genoeg? Met
die verval in die geloof in God kom die verval so subtiel op so baie ander terreine in die lewe.
En baie glo dat geld als regmaak wat krom is.
Al hierdie faktore se aanwesigheid of afwesigheid maak nie noodwendig dat die kind nie
gelukkig kan wees die dag as hy groot is nie. Maar dit sou heelwaarskynlik vir baie kinders en
jong mense gehelp het as hulle bewus kon wees van wat alles daar buite wag. Baie gevare is
duidelik sigbaar soos dwelms, drank, buitehuwelikse seks, gevaarlike vriende, ensovoorts
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 61