Page 35 - Getroud met 'n Leuen
P. 35
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
{How do narcissists do couples counseling? It has to go their way; the counselor has to be
100% on their side only. The moment the counselor sees your point of view, that counselor
is garbage in the eyes of the narcissist. The narcissist will quit counselling at that moment,
because the counselor is “no good”.
My experience: First and last session, my narcissist ex railed on me for 50 minutes. The last
five minutes I got in a few words in edgewise. I pointed out to the counselor the black and
white thinking and she said “Of course!” That was the counselors only comment she had on
my side. The Narcissist ex became furious and riding with me home only disparaged the
counselor right and left and adamantly refusing to ever return again. “I can’t believe she
took your side!”, she said.} Mens kritiseer nie 'n toksiet nie!
Ons het net seuns gehad. Hulle was my hele lewe. As dit nie vir hulle was nie, sou selfmoord
in my depressiejare ‘n goeie uitweg gewees het. Dogters was taboe, haar vrees dat daar dalk
dieselfde met 'n dogter kon gebeur as wat met haar gebeur het, was 'n brein blokker vir haar.
Daar was natuurlik baie ander faktore wat die verhouding rondom die kinders vertroebel het.
Dit was immers my stryd met hulle ma en ek was geensins van plan om hulle daarby te betrek
nie. Hoe vra enige ouer van sy kind om kant te kies of hoe laag moet ‘n ouer daal om van jou
wederhelf stories op te dis of onwaarhede te vertel? Ek kon nie een van hierdie opsies oor my
hart kry nie, dit was beter om die swye te bewaar want ek het geweet dat hulle uiteindelik by
haar sou opeindig. Tot vandag toe het ek nog nooit ‘n slegte woord van haar gesê nie. Ook
nie teenoor die kinders nie. My kleinkinders vra my hoekom was oupa so aaklig om van ouma
te skei en hoekom was oupa so lelik met ouma en waarom het oupa, oupa se kinders gelos?
Hoe sal ek nou weet wat aan hulle oor die jare vertel is en deur wie? Watter waarheid kan 'n
toksiet ook nou uiter? Of watter waarheid sal die stom verworpene nou kan uiter? Of watter
waarheid sal die oningeligtes nou kan uiter of watter verweer as die waarheid verbloem
word?
In vele van die hofsake vir meer onderhoud was ek stok siel alleen terwyl sy met etlike
vriendinne in die wagarea gesit het met Bybels oop en menige snedige aanmerkings. As die
saak egter voorkom en die vriendinne is nie daar nie, dan was daar nie ‘n enkele woord van
waarheid te bespeur nie. Net ‘n stroom van onwaarhede en beskuldigings. Hoe meer
finansiële skade sy kon aanrig, des te beter was dit want dis waaroor dit gegaan het. Gereeld
word daar vertel dat ek nie na die kinders omsien nie, maar in die tussentyd kan die ander
helfte nie genoeg geld weg mors nie. Menslikheid was nêrens te bespeur nie. As ek vir die
kinders gaan kuier het of gaan haal het vir ‘n naweek, staan sy en haar vriendinne op die
muurtjies van die stoep met hulle vingers in hulle ore en tonge ver uitgesteek. Hulle woorde
kan nie herhaal word nie.
Sy en haar suster het vir weke aanmekaar elke halfuur van elke nag gebel en ‘n vloedgolf van
dreigemente en walglikhede rondgeslinger. Haar teenkanting was glad nie oor die kinders nie,
net haar gepoetsde beeld wat geskend is. Ironies genoeg het verskeie van haar vriendinne my
later gekontak om jammer te sê vir wat hulle aan my gedoen het. Op ‘n dag het ek my seun
by die skool gaan haal, maar toe hy in die motor klim het sy en ‘n paar van haar vriendinne
uitgestorm gekom en hom met geweld uit die motor probeer sleep. Daar is nie woorde en tyd
vir die miljuisende insidente nie.
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 35