Page 30 - Getroud met 'n Leuen
P. 30

NabasDiep    VERLIEF OP 'n LEUEN


                Dit is omdat ‘n verhouding binêr is. Daar is twee mense by betrokke, wat saamwerk om die
               verhouding en mekaar te beskerm en te onderhou; wat meer is, as hierdie binêre verhouding
               deur sy saad kinders voortbring, dan moet die samesyn die voortbestaan van die verhouding
               des te meer bind om wedersydse hulp en onderskraging aaneenlopend te bou en te verseker.

               Die teendeel is dat as een persoon in die verhouding ophou om die ander te ondersteun en
               te help, dan verbrokkel die verhouding. As die een party met selfsug en geweld ‘n eie wil binne
                                                                                die  verhouding  inforseer,
                                                                                tree verrotting in. Hierdie
                                                                                verhouding  word  selfs
                                                                                meer gekompliseerd deur
                                                                                die  aard  van  ons  eie
                                                                                persoonlikhede asook ons
                                                                                betrokkenheid          en
                                                                                gehoorsaamheid  aan  die
                                                                                Ewige  Woord.  As  een
                                                                                persoon      binne     die
                                                                                verhouding  dominant  wil
                                                                                wees  deur  sy  eie  wil,
                                                                                eerder       as        om
                                                                                ondersteunend  te  wees;
                                                                                dan  sal  die  dominante
                                                                                persoon ongeag sy geslag,
                                                                                daarna poog om beheer te
                                                                                verkry  en  dit  te  behou
                                                                                deur taal, lyftaal, eiewil en
                                                                                houding       om       die
                                                                                verhouding te kaap. Deur
                                                                                dit  te  doen  en  deur  die
                                                                                opdrag van die Here soos
                                                                                gegee  in  die  Bybel,  te
                                                                                versmaai,  word  hulle  al
                                                                                meer     dominant      en
                                                                                uiteindelik neem hulle die
                                                                                ander persoon oor en laat
                                                                                hom  sterf.  Die  ‘swakker’
               persoon of normale vennoot het, binne die Christelike wette van die Bybel, geen heenkome
               nie. Hy word gewelddadig vermoor sonder dat die moordenaar tot reg geroep word.
               My naïwiteit rondom die moontlikheid dat so iets hoegenaamd ooit kon gebeur, veral in die
               naam van liefde binne ‘n huwelik, en dit teenoor iemand vir wie jy veronderstel is om lief te
               hê, kon dit nie op my radar van die toekoms laat registreer nie. Hierdie naïwiteit het my gelei
               tot in die arms van ‘n persoon wat my geestelik en liggaamlik aangerand en gefolter het vir
               twintig jaar. As jy dan binne hierdie gemors nie ‘n ondersteuningsgroep of vriende het nie, is
               jou gesondheid die volgende ding wat die onderspit delf. Toksiese mense het dit ten doel om



               * Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter.                                     30
   25   26   27   28   29   30   31   32   33   34   35