Page 26 - Getroud met 'n Leuen
P. 26
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
Hoe is dit dat die toksiet wat so chaoties en gedisorganiseer lyk, skynbaar altyd tien skuiwe
voor sy slagoffer op die
interpersoonlike skaakbord
van verhoudings is? Dit moet
regtig nie maklik vir ‘n toksiet
wees, om sonder om
uitgevang te word, sy
volgende slagoffer só te
koördineer dat daar altyd 'n
vars slagoffer in die pyplyn is
om aan die toksiet genoeg
aandag te gee en gereed is om
hulle pligte, om aandag te
verskaf, te aanvaar. Een rede is
dat hy die primêre slagoffer
altyd so uitgeput hou, dat die
slagoffer nie nog krag en tyd
het om om te gee oor ander
potensiële slagoffers nie. Dit is
die toksiet se taktiek om
opsetlik die slagoffer geestelik
en emosioneel uit te put en om
hom sodoende te onderdruk.
Baie narsiste se uiteindelike
doel is om die slagoffer te kry
om net oor te gee eerder as
om in 'n stryd gewikkel te raak
wanneer 'n konflik in die
verhouding ontstaan. Dit is
waarom die toksiet moet:
• narsielke teks uitruiling stryd "wen".
• elke telefoonboodskap stryd "wen".
• 'n groter emosionele wond aan sy slagoffer toedien indien hy self ‘n psigiese wond
opdoen.
• elke goeie tyd vir die slagoffer met 'n meer onvergeetlike slegte ervaring opvolg.
• elke meningsverskil 'n reuse oorlog moet maak.
• woede uitbarstings wat die slagoffer uitput omdat hy hiper waaksaam moet wees in
'n poging om altyd gereed te wees om skynbaar ‘uit die bloute’ aanvalle van die toksiet
te systap.
Sodra die slagoffer onderworpe is aan die toksiet se veldtog van idealisering, geestelike
uitputting, skok en gruwelike emosionele verwarring, sal die slagoffer heeltemal ‘versag en
gekondisioneerd’ wees en eerder as om die toksiet te konfronteer, sal die slagoffer aan
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 26