Page 21 - Getroud met 'n Leuen
P. 21

NabasDiep    VERLIEF OP 'n LEUEN


               bevraagteken te word nie. Daarom sal hulle aktief probeer om alle verantwoordelikheid vir
               negatiewe dinge weg te stoot en eerder ander mense of vennote direk of indirek blameer vir
               hulle foute en/of mislukkings.

                                                                                       Narsis  kan  vir  jou
                                                                                       kortstondig  krediet
                                                                                       gee vir dinge wat jy
                                                                                       persoonlik  bereik
                                                                                       en  dan  die  aandag
                                                                                       dadelik  weer  op
                                                                                       hulleself   rig   en
                                                                                       ander kere sal hulle
                                                                                       die   krediet   vir
                                                                                       hulleself  vat  as  dit
                                                                                       eintlik verdienstelik
                                                                                       op     jou     van
                                                                                       toepassing behoort
                                                                                       te wees. Veral as jy
                                                                                       nie  teenwoordig  is
                                                                                       nie, word dinge wat
                                                                                       jy bereik het maklik
                                                                                       die  sukses  van  die
                                                                                       toksiet  self.  Hulle
                                                                                       het  voortdurende
                                                                                       en  deurdringende
                                                                                       behoefte       aan
                                                                                       bewondering     en
                                                                                       om  bevestiging  te
                                                                                       kry    van     hoe
                                                                                       wonderlik  hulle  is.
                                                                                       Hulle        vereis
                                                                                             deurlopende
               erkenning en bewondering wat vir almal anders buitensporig sal lyk en is gefokus op een ding
               alleen, net hulleself. So 'n toksiet hou daarvan om oor hulleself, hulle prestasies, eienskappe
               en wat hulle al bereik het, te praat. In sosiale en professionele instellings sal hulle probeer om
               onthou te word en ander te beïndruk. As mense egter objektief na 'n toksiet kyk, sal hulle gou
               begin besef dat hulle soos 'n kind is wat aandag soek.















               * Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter.                                     21
   16   17   18   19   20   21   22   23   24   25   26