Page 16 - Getroud met 'n Leuen
P. 16

NabasDiep    VERLIEF OP 'n LEUEN


               hanteer word nie sal die krag van die liefde verflou en die band van liefde verbrokkel. Ons
               toksiet is nou al so opgewonde sy kan nie wag nie, en die slagoffer is al amper in die vanghok.
               Ja, hierdie huwelik is reeds van die begin af gedoem. Die slagoffer weet van niks, veral as hy
               nog nooit in sy lewe van die woord ‘verborge narsis’ gehoor het nie, of as hy nie genoeg kennis
               het om die gevaartekens te kan uitken nie. Hy het hier te doen met 'n meester manipuleerder
               en 'n bedrieër par excellance maar wie het nou gesê dat die lewe altyd regverdig moet wees?
               Spreuke 16:24-26: ‘Iemand kan sy haat verbloem met wat hy sê, maar binne hou hy by sy
               valsheid. As hy vriendelik praat, moet hom nie glo nie; hy is vol bose bedoelings. Hy verberg
               sy haat agter 'n valse skyn, maar van die onheil wat hy gaan doen, sal almal weet.’ (Maar te
               laat).

                                                                      Wat is die doel van die huwelik vir 'n
                                                                      kind van die Here? Dat God, deur so
                                                                      ‘n    huwelik     die     geestelike
                                                                      spieëlbeeld  van  die  eenheid  van
                                                                      Christus  en  die  kerk  in  ons  kan
                                                                      vestig. Daarom sê Spreuke 30:18-19
                                                                      vir ons: ‘Daar is drie dinge, nee, vier
                                                                      wat  bo  my  begrip  is,  wat  ek  nie
                                                                      verstaan nie: hoe 'n aasvoël in die lug
                                                                      bly, hoe 'n slang teen 'n rots opseil,
                                                                      hoe 'n skip in die diepsee vaar en hoe
                                                                      liefde  tussen  'n  man  en  'n  meisie
                                                                      werk.’  Om  te  dink  dat  God  sien
                                                                      wanneer jy intiem in jou huwelik is,
                                                                      sien dit is vir Hom wonderlik, maar as
                                                                      jy  met  ‘n  verkeerde  persoon
               deurmekaar  is,  keur  God  dit  nie  goed  nie.  Hy  verbly  Hom  nie  daarin  nie,  want  dit  is  nie
               wonderbaar nie, want dit is buite sy voorskrifte, buite sy verbond en buite sy wil. Wat nou
               gemaak met die toksiet wat voorgee dat hy/sy 'n kind van die Here is? Spreuke 30:12-14 ‘'n
               soort mens wat homself as rein beskou, maar van wie die vuilheid nie afgewas is nie, 'n soort
               mens wat vol hoogmoed, vol eiewaan is, 'n soort mens wat koelbloedig en wreed is in sy
               hebsug en wat teer op die hulpeloses en armes in die land.”
               In vandag se lewe is die toppunt van naïwiteit om te glo dat albei partye wat die huwelik
               binnegaan, noodwendig  dieselfde  siening  oor  geloof het  en  dieselfde  perspektief  oor  die
               huwelik het. Die rede dat daar steeds wesenlike verskille in sommige verhoudings bestaan,
               selfs  na  die  hofmaak  periode  wat  saam  spandeer  is,  word  meesal  gekoppel  aan  bedrog,
               opperste oneerlikheid, valsheid en 'n leuen vir 'n lewe.

               Vele huweliksmaats het geraamtes in hulle kaste en is nie bereid om dit bekend te maak nie.
               Nie alleen is dit oneerlik nie, twee mense kan nie een word soos die Here verwag ons moet
               word nie, as die een maat geraamtes in die kas het en gedurig bang is dat iemand iets uit die
               verlede sal verklap. Dit kan wees dat jou oupa jou gemolesteer het as 'n kind, maar jy en jou
               familie het besluit niemand sal ooit 'n woord rep nie.




               * Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter.                                     16
   11   12   13   14   15   16   17   18   19   20   21