Page 19 - Getroud met 'n Leuen
P. 19

NabasDiep    VERLIEF OP 'n LEUEN


               nou in ‘n normale huwelik, ons huwelik is nie normaal nie, maar niemand weet dit op die
               hierdie  stadium  nie!  In  sommige  gevalle,  veral  in  dié  dag  en  datum,  is  daar  sielkundige
               afwykings wat daartoe lei dat sekere mense die huwelik gebruik as ‘n slagveld waarin erge
               misdade gepleeg word. Hulle is meesters daarin om die huwelik en verhoudings te verander
               van ‘n Godgegewe wonder na ‘n onbegryplike nagmerrie. Die paartjie wat nou nie meer kan
               wag om te trou nie, gaan steeds goed aan. Die toksiet is hard aan die werk aan haar eie
               agenda. Sy weet presies hoe om ander mense te manipuleer, want dit is noodsaaklik om die
               details van die lewe van die slagoffer bymekaar te maak en te vergader vir latere duistere
               gebruik. Dit is absoluut noodsaaklik om nou vertroue in te boesem en om die slagoffer se
               goedgesindheid tot die uiterste te ontwikkel. Op die manier kan sy hom uitlok om oor baie
               intieme sake te praat en sy hart oop te maak oor sy hede en verlede. Sy daarteenoor is baie
               selektief met wat sy bekend maak en al die vals emosies kom asof natuurlik. Dit kom voor as
               eg en opreg. Haar praat, haar gebare, haar houding en alles is daarop gemik om die slagoffer
               se vertroue te wen en sodoende in die vangnet van haar sluwe planne te kry.

               Eers getroud, dan is die moontlikhede vir die toksiet veelvoudig. Die eintlike uitdaging vir hom
               lê daarin om al die leuens oor die liefde  wat hy tot nou toe opgedis het, in die kortste moontlike
               tyd na die troue te verdraai en te vernietig. En net om seker te maak hy is 'n goeie narsis, moet
               dit so pynvol as moontlik wees. Hy of sy is immers 'n spesialis!

               Hoekom is die vyand so daarop uit om die huwelik te verwoes? As hy dit kan regkry, dan
               ontneem hy die misterie van God in die wêreld, naamlik dat die huwelik tussen ‘n man en ‘n
               vrou die misterie is soos tussen Jesus (die Bruidegom) en die kerk (die bruid). God het vir ons
               ‘n natuurlike voorbeeld gegee van ‘n baie groter geestelike waarheid, naamlik dat Hy wil hê
               ons moet verstaan dat ons verhouding met Hom dieselfde intimiteit, nabyheid en oorgawe
               moet bevat as ‘n huwelik wat werk soos dit moet.

               Wat is nou die kern, die wese van die huwelik? Is dit dat twee mense verlief is op mekaar, of
               dat hulle dit so goed met mekaar bedoel? ‘n Godgevulde huwelik begin in die Woord, maar
               ons  huwelik  is  op  baie ander beginsels  gebou. Dink  net  hoe  goed  moet  dit  wees  vir  ons
               slagoffer om die versekering te hê dat sy toksiet ‘n ‘Christen’ is. Wat gereeld uit die Bybel kan
               aanhaal en so opreg christelik kan optree. Is dit nie so dat meeste van ons graag wil glo dat
               Christen mense ook sommer goeie mense is nie. Betroubaar en moreel standvastig. ‘n Ware
               aanwins vir die gemeenskap wat ook sommer eendag 'n wonderlike ma of pa sal wees nie?

               Met 'n toksiet In 'n Verhouding.
               Om by 'n toksiet betrokke te wees, kan 'n buitengewoon dreinerende en wrede ervaring wees,
               aangesien 'n toksiet nie sal huiwer om jou te belieg, te bedrieg, te manipuleer, te beheer of
               gaslig* te gee nie. Daar is baie tekens wat kan aandui dat jy betrokke is by 'n narsis. As die
               betrokke persoon nie huiwer om jou gereeld op een of ander manier te dreig nie, kan jy maar
               weet jy het te doen met ‘n narsis. Die gebruik van dreigemente (veral in 'n veronderstelde
               romantiese verhouding) is gewelddadige, manipulerende en uiters ongesonde gedrag. Dink
               aan wat hierdie gedrag jou van hulle vertel. Hulle het ‘n gevoel van geregtigheid en as sodanig
               verwag hulle voorkeur behandeling en dit is aanwysers van narsisme. 'n toksiet gee nie om
               oor die behoeftes en gevoelens van ander nie. Hulle gee net om as dit hulleself op een of




               * Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter.                                     19
   14   15   16   17   18   19   20   21   22   23   24