Page 20 - Getroud met 'n Leuen
P. 20
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
ander manier negatief of positief raak. As gevolg hiervan sal 'n toksiet optree asof dit normaal
of verpligtend is dat hulle behoeftes vervul moet word sonder om die behoeftes van ander te
oorweeg. Binne die uiters verwronge ingesteldheid van die toksiet glo hulle dat jy dankbaar
moet wees teenoor hulle
omdat hulle jou toelaat
om hulle behoeftes te
bevredig. In sy wese word
dit veroorsaak deur 'n
duidelike gevoel van
meerderwaardigheid.
'n toksiet hou daarvan om
daardie goeie en waardige
eienskappe binne jou te
gebruik en te misbruik.
Hulle sal dit beide
bewustelik en
onbewustelik doen. 'n
toksiet sal doelbewus jou
gevoelens van empatie en
verantwoordelikheid
aktiveer. In die begin dae
van ‘n verhouding sal hulle
die slagoffer met liefde
oorweldig. Dit is 'n besliste
en duidelike rooi vlag wat
behels dat jy met ‘n baie
vinnige tempo aan die
begin van die verhouding
met liefde oorweldig en
oorgewen moet word, al is
dit ook vervalste liefde.
Narsiste kan
buitengewoon sjarmant
en oortuigend wees in
hulle pogings om jou te
oorreed, maar om oorgewen te word in die gedagtes van 'n narsis, is eintlik om jou uiteindelik
totaal te beheer. Regdeur die liefdesoorweldigingsfase* is hulle besig om jou skynbaar ‘n
eindelose stroom komplimente te gee, sorg, aandag, bewondering, geskenke en alles sal
verskriklik idillies en perfek lyk. Jy sal na duur restaurante toe uitgeneem word, jy sal seksueel
oorweldig word , julle sal saam deur lang gesels sessies gaan en ook lang reise saam
onderneem. Maar hulle aanvaar ook nie maklik verantwoordelikheid vir die vereistes wat
saam met 'n verhouding gaan nie. 'n toksiet sal nooit enige verantwoordelikheid neem of om
verskoning vra vir hulle optrede nie, en kan absoluut nie hanteer om gekritiseer of
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 20

