Page 17 - Getroud met 'n Leuen
P. 17
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
Nie net groei die toksiese deel van haar nie, maar die vrees van ontdekking word 'n enorme
psigologiese probleem en dit rol oor in ongekende woede en frustrasie. Nou is dit net
moontlik dat hierdie traumatiese gebeurtenis ook gedeeltelik die oorsaak van jou narsisme
is. Dink nou aan wat met die slagoffer van hierdie ‘super’ toksiet op steroïdes gaan gebeur!
Ek sal reken sy gaan die slagoffer met 'n passie haat en verwoes.
Eintlik begin die huwelik wanneer ons eie verhouding met God en met die teenoorgestelde
geslag in die Heilige Skrif
geanker is en die
verhouding so gebore is.
Dit begin daar waar ons
leer om in alles na die wil
van God te vra en met al
ons liefdes- en
vriendskapsverhoudings te
verseker dat dit alles in die
reinheid en kuisheid van
die Woord bewaar word,
om sodoende ons
verhoudings rein en suiwer
te hou. Dit begin waar ons
God se bedoeling met die
huwelik en met ons liefdes-
en geslagtelike-lewe
verstaan en waar ons dit
gehoorsaam. Dit is omskryf
in sy Woord, waar geleer
word om selfbeheersing te
beoefen en God se grense
te eerbiedig. Dit is ‘n nuwe
avontuur en uitdaging om
uit die ouer huis te gaan,
met sy reëls en gewoontes
en om in ‘n nuwe
omgewing, nuwe reëls en
nuwe gewoontes te skep
wat by beide sal pas. Dit is
belangrik dat albei partye
daarby moet aanpas! Dit geld natuurlik nie vir huwelike met narsiste nie. Narsiste hou op om
die reëls te gehoorsaam op die dag wanneer hulle tevrede is dat die lewensmaat/slagoffer
nie meer uit hulle strik kan ontsnap nie en dis gewoonlik die dag van die bevestiging van die
huwelik of die geboorte van die eerste kind. Tot hiertoe was die toksiet 'n rolmodel vir enige
voornemende huweliksmaat in wording. Van die huweliksdag af vorentoe word die toksiet
die alleeneienaar van die huwelik en die bose reëls van die toksiet word binne weke
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 17