Page 29 - Getroud met 'n Leuen
P. 29

NabasDiep    VERLIEF OP 'n LEUEN


               Om Te Herinner, Waarom Van Toksiet Tot By Jou Verlosser?

               Waar begin 'n mens met 'n storie so belaglik, so surrealisties en tog so waar. Ja dit is weliswaar
               'n ware verhaal, 'n lewenservaring en tog draal die nagevolge nog lewend rond asof ander 'n
               aktiewe deel daarin gehad het, maar hoe kon hulle? Agter toe deure en in die donker spook
               aaklige  goed  in  menige  'n  huis  wat  van  buite  wit  gepleister  is,  maar  wat  binne  vol  met
               doodsbeendere gesaai lê. Die meer pertinente vraag is eerder waarom nou, amper veertig
               jaar later, is dit nodig? Dit gaan oor die waarheid, oor beskuldigings wat kleinkinders maak,
               kinders wat al verder weg dryf of verdryf word omdat die waarheid grootliks bly verkrag word
               en natuurlik is dit nodig om te vertel hoe goed die Here vir jou is en was, jy was immers stok
               siel  alleen  sonder  kind  of  kraai.  Ons  was  vir  meer  as  twintig  jaar  getroud.  Ons  het  op
               universiteit ontmoet, en soos met die meeste studente en die politieke jare waarin ons daar
               was, het die lewe vol belofte vir die toekoms gelê en wag.
               Ek sou wil dink dat daar nie een van ons op hierdie planeet is, wat aan onsself as selfsugtig
               dink nie, of onsself as selfsugtig wil beskou nie. Almal van ons dink dat ons omgee vir ander,
               maar min besef ons dat dit nie regtig waar is nie, en dat ons onsself in ‘n mindere of meerdere
               mate belieg en vals is oor ons onselfsugtigheid. Dit is duidelik te sien in ons verhoudings met
               ander, ons vriende, ons spesiale vriende, ons familie en ons bemindes. Selfs vir die wat ons
               die liefste is, ons gesinne kan ons nie met alle eerlikheid sê dat daar geen selfsugtigheid is nie.
               Want hierdie mense sien ons soos ons werklik is, nie soos ons dink ons is nie.

               Op baie vlakke van die lewe, as individu, neig ons om dit, ons selfsug, nie te wil raaksien nie.
               Daar is baie redes daarvoor; party is gesetel in ons onderbewussyn, party is oppervlakkig en
               party is die psige(goed of sleg onderskeiding). Ongeag van dit is ons as mense (meeste van
               ons) daartoe instaat om dit te oorkom en ordentlike wesens te wees vir die meeste van die
               tyd. Ons kan en het al ander bo onsself gestel in ons verhoudings, al het ons soms nie eers
               daarvan geweet nie. Vir party mense kom dit makliker as vir ander en dan is daar die vir wie
               dit onmoontlik is vanweë hulle afwykings. In wese gee normale mense om vir ander mense.

               In Afrikaans is daar net een woord vir liefde, maar daar is baie emosies aan gekoppel, van
               geestelik tot emosioneel en tot by die fisiese. Ironies is dat die woord liefde ook in een asem
               met geluk genoem word, as jy lief het is jy gelukkig. Liefde, onbaatsugtigheid en selfopoffering
               vir ander geskied omdat ons dit wil doen. Maar dit is bo alles, ‘n uitvloeisel van ons verhouding
               met die grote God, die Een wat vir ons gesterf het as ‘n daad van liefde. Oorgawe….. Ons kies
               om ‘n persoon bo onsself te stel of voor ons eie behoeftes, of bo ons eie begeertes en ons eie
               self,  die  eie  ek.  Die  probleem  met  hierdie  benadering  tot  die  maak  van  ‘n  keuse,  is  dat
               wanneer  jy  dit  op  ‘n  daaglikse  basis  in  jou  lewe  leef  MAAR  dan  doen  die  teenparty  nie
               dieselfde nie, of die teenparty minag dit in geheel, dan begin die lewe 'n ander kleur kry veral
               as dit gewelddadig raak.

               Dit is hoekom ek sê ons is inherent selfsugtig, ons gee liefde sodat ons liefde kan ontvang.
               Aan  die  begin  van  enige  verhouding  is  dit  die  norm,  want  die  emosies  en  gevoelens  is
               wederkerig. In sommige gevalle egter, kan dit, wat as amper ‘n heilige ondervinding tussen
               twee mense beskryf word, stadig maar seker oor tyd afgebreek word tot ‘n daaglikse geswoeg
               vir oorlewing.




               * Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter.                                     29
   24   25   26   27   28   29   30   31   32   33   34