Page 10 - Getroud met 'n Leuen
P. 10
NabasDiep VERLIEF OP 'n LEUEN
van die Bybel is die uiteindelike behoud van jou lewe, daar dit maklik etlike jare kan neem om
tot die besef te kom, dat hoe hard jy ook al mag probeer, daar is hoegenaamd niks aan hierdie
narsiste se aanslag te doen nie behalwe as 'n wonderwerk van Bo 'n uitweg skenk. Hulle is
gewetenloos en liefdeloos teenoor net een mens, en dis die slagoffer wat gewoonlik die
lewensmaat is.
Hierdie boek gaan daaroor om na die nie so opsigtelike strikke van die lewe te kyk. Dit gaan
nie oor of jy regskape gebore is nie, want in ‘n sin glo ons almal dat ons normaal is. Dit is wat
die toksiese mense rondom jou aan jou kan doen wat meer belangrik is. Is daar kennis en insig
wat jou kan lei om dié struikelblokke of gevare raak te sien en te help om by hulle verby te
kom in die lewe, of ten minste te help op die pad van uitkenning. Ja, dit is uiters belangrik om
die Here op jou pad te hê, Hom nooit te verlaat nie en om altyd in Hom te glo. Maar dit is ook
so dat die duiwel in baie vorme in die lewe ronddwaal op soek na prooi of kos. Daar is baie
toksiese mense wat ook maak of hulle die Here ken en voorgee dat Hy in hulle lewe is, in hulle
woon en party van hulle is selfs predikers.
Maar wat is omgee vir 'n huweliksmaat? Elke normale mens sal sekerlik sy eie definisie vir
omgee hê, en hierdie een, ek is seker, sal baie onvolledig wees. Maar omgee gaan oor die
klein dingetjies soos om deurentyd konsidererend te wees, deurentyd deernis te hê, respek
te betoon, liefde te betoon, nie gedurig te kritiseer nie, nie beterweterig te wees nie, nie te
verwyt nie, nie te kla omdat jy take in die huis moet verrig nie, jou wederhelf belangrik te ag,
dan en wan op te offer, toenadering te soek en te waardeer, vrede te hê, vrede te skep en
vrede te leef.
Wat is emosionele mishandeling dan? Emosionele mishandeling sluit in verbale mishandeling,
die gebruik van skelname, om geïgnoreer te word, verkleineer te word en ander tipes gedrag
wat die slagoffer laat sleg voel oor homself en wat die slagoffer sy eie waarde laat
bevraagteken. Healthy Place beskryf dit so: ”In ‘n verhouding begin die siklus wanneer een
maat die ander emosioneel mishandel, tipies om oorheersing te verkry of om oorheersing te
bewys. Die aanrander voel aanvanklik skuldig, maar nie oor wat hy gedoen het nie, eerder net
oor die gevolge van wat hy gedoen het. Die aanrander bied verskonings aan vir sy gedrag om
te keer dat hy verantwoordelikheid moet aanvaar vir sy dade. Die aanrander gaan net aan
met sy ‘normale’ lewe asof niks gebeur het nie en hy kan selfs ekstra aangenaam, apologeties
en tegemoetkomend wees- wat die slagoffer laat glo dat die aanrander jammer is, maar dit is
alles net ‘n fasade. Die aanrander begin alreeds in sy gedagtes te beplan oor hoe hy die
slagoffer weer gaan mishandel en stel ‘n situasie op waar hy meer gevorderde emosionele
mishandeling kan uitvoer.
Hier gaan dus nie gepoog word om oplossings te gee vir die toksiese mense en toksiese
verhoudings nie, maar eerder oor hoe om dit te identifiseer en vrede te vind daarin dat daar
'n God is wat jou elke dag bystaan. Die enigste moontlike oplossing vir narsiste is dat hulle
deur 'n sielkundige as sodanig gediagnoseer word, maar dit is raar want meeste van hulle is
te behep met hulleself. Vanweë hulle versteuring is hulle nie bewus daarvan dat hulle is soos
hulle is nie, hulle weet wel dat daar iets skort.
* Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter. 10