Page 9 - Getroud met 'n Leuen
P. 9

NabasDiep    VERLIEF OP 'n LEUEN


               Die groot vraag is natuurlik of 'n verborge toksiese persoon weet wat hy doen? Tipies, ja, hulle
               weet wat hulle doen. Hulle sal hulle wandade aan ander ontken en hulle optrede vir hulleself
               regverdig, net soos die meer ekstroverte tipe. Hulle voel hulle optrede is geregverdig om te
               kan kry wat hulle voel hulle nodig het / wil hê / verdien, en hulle regverdigings is heeltemal
               geoorloof vir hulleself, selfs al sou niemand anders saamstem met hulle logika nie. Daar blyk
               ook 'n mite te wees dat hulle manipulasies en optrede minder giftig en skadelik is as die
               ekstroverte tipe narsis, maar in die werklike lewe is dit bloot net nie waar nie. Hulle is elke
               bietjie so giftig en skadelik, en selfs meer so, omdat jy so verblind word deur hulle. Hulle is
               soos die bedekte operasies in die weermag; hulle rig die verwoesting in jou lewe aan en jy het
               hulle nooit sien aankom nie.

               Die hele lewe is 'n onvoorspelbare pad, en tog is daar vir elke lewensvraag of probleem en vir
               elke besluit in die lewe, 'n antwoord te vind binne die Bybel. Die mate waartoe jy gewillig is
               om die almagtige God te gehoorsaam en te glo dat jou pad reeds millennia gelede deur Hom
               bepaal is, bepaal ook die mate waarin jy glo dat Sy wil in jou lewe sal geskied. Die ironie is dat,
               of jy dit glo of nie, Sy wil in elk geval ten volle in elke mens se lewe geskied. Dit is nie dat daar
               geen  swaarkry  in  die  lewe  van  die  Here  se  kinders  is  nie,  in  teendeel  is  dit  dalk  net  die
               teenoorgestelde wat geld. Die Here sê dit is hoekom ons hier op aarde is, nie om onsself te
               dien nie, maar om ander tot voordeel te wees. Jou geloof rondom hierdie feite is die mate
               waarin jy vrede sal vind in die omstandighede waarin jy jou mag bevind. Om dit te bly glo is
               groot genade, veral as die wanhoop jou laat voel of die einde van die pad vir jou aangebreek
               het.

               Uit hierdie desperate situasie verskyn drie huwelike. Jou huwelik met jou God, met jou kerk
               en met jou lewensmaat en familie. Jou lewensmaat is nie altyd wie sy voorgee om te wees nie
               en daarom word die ander huwelike al hoe belangriker. Dit is om die toksiese besoedeling te
               oorleef en af te was en daarom staan jy so verstom voor Efesiërs, die hele Bybel en veral
               Psalms wat jou sin gee in goeie en slegte tye en in alle omstandighede.

               Die titel van die boek is soos 'n ysberg, nooit sal daar genoeg bladsye en papier kan wees om
               die  skade  te  beskryf  wat  toksiese  mense  (mense  met  persoonlikheidsversteurings)  aan
               verhoudings aanrig nie, des te meer die verwoesting in 'n huwelik. Nog minder kan daar nie
               genoeg papier wees om die lof en genade van Jesus te beskryf nie. Persoonlikheidsversteuring
               (soos  Narsisme,  Antisosiale  persoonlikheid  versteuring,  geestes  versteuring,  Obsessief
               Kompulsiewe  Persoonlikheidsversteuring  (OKPV),  Grensdraad  Persoonlikheidsversteuring
               (GPD),  ensovoorts)  word  in  honderde  boeke  en  geskrifte  beskrywe.  Die  probleem  is  dat
               niemand 'n mens vooraf inlig dat daar mense is met wie jy in 'n verhouding is en saam met
               wie jy 'n toekoms wil bou, wat doelbewus beplan om jou lewe te verwoes nie.
               Die boek handel grootliks oor die reuse impak wat toksiese mense op verhoudings het en dan
               veral  op  huwelike  (die  floreer  terrein  vir  toksiese  mense  OF  narsiste).  Is  daar  enige
               regdenkende mens wat sal verwag dat hierdie wonderlike en liefdevolle metgesel van jou,
               eintlik in wese besig is om jou lewe en siel se ondergang te beplan? Dis helaas ondenkbaar!
               Maar die ander dele van die boek is oor die groot genade van 'n ongelooflik wonderbare God
               in die hemel, wat werklik vier en twintig uur per dag weet of jy sit en of jy staan, of jy huil en
               of jy vrees en of jy besig is om mal te word en of jy normaal is. Die verhouding met die Here



               * Verwys asseblief na die Verkorte Woordelys agter.                                       9
   4   5   6   7   8   9   10   11   12   13   14