Page 12 - saffer02
P. 12

EK STUUR VIR






        JOU SOMER









        Elke jaar hierdie tyd vergader die swaeltjies hier vir hulle
        lang trek na ‘n warmer klimaat. Hierdie jaar was nie ‘n
        uitsondering nie. Sondagaand, 2 Februarie, het duisende
        swaeltjies reg bo ons kompleks in die lug rondgeswalk. Dit
        het gelyk soos ‘n groot bewegende massa. Klein lyfies wat
        dán links en dán regs gedraai, en op en neergeduik het. Ons
        het hulle dopgehou totdat hulle skielik in die diep skemer
        soos ‘n swart wolk neergedaal het op die boomryke area net
        langs ons kompleks. Om oor te slaap vir die nag. Dit was
        ongelukkig reeds te donker om foto’s te neem met my idiot
        proof kameratjie. Die volgende oggend moes hulle baie vroeg
        reeds vertrek het, want toe ons seweuur see toe geloop het,
        was daar geen teken meer van hulle nie. Hierdie jaar het
        hulle darem in goeie weer gevlieg – die reën het vandag eers
        uitgesak.

         Die foto’s hierbo het ons geneem – ook op 2 Februarie, maar
        in 2015, die eerste jaar toe ons hier aangekom het. Die reën
        het toe dae lank reeds by die emmersvol neergesak. Honderde
        klein voëltjies het druipnat en bedremmeld op ons traliedeure
        en vensterbanke gesit en vol verwagting by die woonstel se
        vensters ingestaar. Hulle moes so koud gekry het. Boonop
        was daar ‘n klompie valke wat ook rondgesweef het op soek
        na ‘n vinnige maaltyd. Die swaeltjies het daarvandaan ook
        douvoordag die volgende oggend vertrek. Daardie jaar het
        ons darem ‘n paar foto’s gekry.

        Besoek vir Hester by https://www.hesterleynel.co.za/ of
        https://twitter.com/HesterLeyNel




























        |  12
   7   8   9   10   11   12   13   14   15   16   17