Page 10 - Remembrance in Emotion Book Cover_Neat
P. 10
Die woorde van my hart
Hoe begin ek, waar gaan ek verkeerd.
Hoe kan ek my eie hart se woorde vergeet?
Dinge raak moeilik, my hart raak seer.
Hoe kan ek my hart so verwyd, en verwar.
Is die einde naby? Waarop kom alles neer?
Dinge verander, mense maak seer.
Tyd sal leer maar begeerte beheer.
Dit is tyd om te wandel, dit is tyd om te val.
Balaans is 'n kwesie van sukkel tussen wysdom en dwaas.
Jy sal dpstaan.
Word ek voortdurend beproef?
Die duiwel se stem binnef my maak seker ek is doof,
Sy stem sit vas soos 'n stuk gal, wat 'n droewende gevoel.
Maar steeds weier ek om in te gee vir die donker,
om aan te hou veg vir my geloof,
Jy sal opstaan.
Voorbereiding vir die herkom van God waarin ons almal glo,
Alles gaan verkeerd as ons sig van Hom verloor,
Ons almal weet dat U werklik bestaan.
Here laat my genees, laat ek weer die lig sien daar bo.
Jy sal weer opstaan.
Woorde van my hart, kyk hoe kom dit nou deur.
Vat weg al die smart, laat U kom reggeer.
Ek het opgestaan.
L.L.