Page 9 - Remembrance in Emotion Book Cover_Neat
P. 9

Die liefde oorleef ons almal






           Jy roer my, jy roer my soos 'n mooi onthou waarvan die aalmoes nooit ophou gee nie.

     Ek skryf vir jou terwyl jy slaap my lief want ek weet nou al dat my woorde jou drome wakker hou.
     En ek weet dat hulle jou oë soms wanhopig laat voel al sien ek jou elke dag soos ons eerstekeer.
                                        Die eerste keer toe ek geweet het.


          Ek skryf as jy slaap om weer binne die stilwees van dié alleenbesielings die stilte te voel.
                                Ons gaan deur ‘n donker tyd. Letterlik ‘n siek tyd.


                Nee, dié verniel sal nie bly nie. Die liefde oorleef al eeue lank elkeen van ons.
                               Ek gaan nie laat hierdie donker siekte ons raak nie.
                                        Ons gaan voort. Ons hou aan bou.


                   En al bloei ons harte deur ons gesigte en deur ons oë en deur ons kele,
                                            dan sal ons bewuste herstel.
       Die blote wéét van jou asem maak my rustig in hierdie warrelwind van onsekerheid en onrus.


                       Ons druk deur. Ons gaan nie lê nie. Ek weier. My God is dié God.
                     Die tyd van die kroon is hier. Dit oorkom alles, dit oorkom dié siekte.
                      Laat ons voortgaan en jubel en juig, die tyd van oorwinning is hier.


                                            Die liefde oorleef ons almal.
                                                                                                                  L.L.
   4   5   6   7   8   9   10   11   12   13   14