Page 4 - Remembrance in Emotion Book Cover Photo Poetry Book Example_Neat
P. 4
‘n Stukkie van jou lig
Oneindig in lief, volmaak in wese.
Jing en Yang se infinity, 'n wals na die anderkant.
Ek kan nie wag om dit te sien nie.
Ek wil eers my liefde vind.
Refleksie van my ander ek, in 'n tas vol drome saamgetrek.
Net 'n stukkende Tempel, ek droom van die geluk.
Onder die son skilder die wêreld 'n nuwe gesig.
En ek besef hierdie Tempel van my is weer heel.
Net vir vandag.
En die vrae in hulle oë oor die letsels op my lyf.
Dit is net 'n ander wêreld wat sy merk op my gelos het.
Soos woorde wat nooit kon rusplek vind nie.
Gekerf teen mure waar daai stasies nou verlate staan.
Ek het weg van daardie wêreld afgetrek.
Genadiglik.
Kon jy al liefde vind?
Gebind in geloof hoe wonderlik kan dit wees?
Dit maak vir my saak, die herberg in my siel.
Los asseblief vir my 'n stukkie..
‘n stukkie van jou lig ...
L.L.