Page 8 - Remembrance in Emotion Book Cover Photo Poetry Book Example_Neat
P. 8

David was cooler as ek








                                                                                                   Ons lewe nog.









                                                                                                                En..








                    Nog meer, nog minder, verstaan ons die redes, van opgefokte verledes.




                                     Verslae hedes, en die hoekoms waarvan geen antwoord dié



                                                                  onvoltooide asemteue verduidelik nie.








                Ons leef en lief verby en in die lieflik- liederlike gee en neem van tyd terwyl



                                                     psalms soos wind deur die gate in ons harte val.









                                                                                                                 En..









                                                                 dan bly glo ons tóg menslik in die Wit.



                         Maar wankel só, dat ons stemme nie meer die tydings op ons tonge



                                                                                           kán of wil abba nie.









                                                 Ja só, onseremonieël staan ons (sonder versagting)



                                                                                                  by nóg 'n graf..








              en ek wonder hoe Dawid nógtans die bresse van 'n jubel in sy mond kon dra.









                                                                                            Maar ek lewe nog.



                                      Laat die donkerte nog bring. Ek is reg om verder te baklei.









                                                                       Soos Dawid, wat cooler as ek was.








                                                                                                                                                                                                                         L.L.
   3   4   5   6   7   8   9   10   11   12   13