Page 166 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 166
Groep persoonlike ongevalle
VOORBEHOUDSBEPALINGS (Van toepassing op die hele Afdeling insluitende Uitbreidings)
1. Vergoeding sal slegs betaal word kragtens een van die items 1 of 2 op die Tabel van Voordele.
2. Vergoeding vir Tydelike Algehele Ongeskiktheid, Tydelike Gedeeltelike Ongeskiktheid en/of Mediese Uitgawes sal betaal word bo en behalwe enige Vergoeding betaal of betaalbaar kragtens Items 1 of 2 op die Tabel van Voordele.
3. Die Vergoeding gespesifiseer vir Tydelike Algehele Ongeskiktheid en/of Tydelike Gedeeltelike Ongeskiktheid sal eindig sodra die Liggaamlike Besering wat die onvermoë veroorsaak, in soverre dit redelikerwys moontlik is herstel het, ondanks die Permanente Ongeskiktheid wat mag voortduur, maar sal in enige geval nie betaalbaar wees vir meer as die aantal weke vermeld in die Skedule van hierdie Polis vir Tydelike Algehele Ongeskiktheid nie.
4. Die Vergoeding gespesifiseer vir Tydelike Algehele Ongeskiktheid en/of Tydelike Gedeeltelike Ongeskiktheid sal eindig sodra die Versekerde Persoon verhoed word om die gewone beroep te beoefen, soos beskryf onder die “Permanente Algehele Ongeskiktheid” omskrywing.
5. Enige Vergoeding wat deur die Maatskappy betaalbaar is vir enige tydperk van Tydelike Algehele Ongeskiktheid en/of Tydelike Gedeeltelike Ongeskiktheid of, vir die terugbetaling van Mediese Onkoste, sal verminder word met ʼn bedrag gelykstaande aan die Vergoeding wat ontvang word, of ontvangbaar is deur, of ten behoewe van die Versekerde Persoon kragtens die bepalings van die Wet op Vergoeding vir Beroeps-beserings en -siektes, 1993, vir Tydelike Ongeskiktheid (gedeeltelik of algeheel) vir dieselfde of ʼn korter tydperk en/of ten opsigte van Mediese Onkoste.
6. Enige Vergoeding wat deur die Maatskappy betaalbaar is vir enige tydperk van Tydelike Ongeskiktheid (gedeeltelik of algeheel), sal nie die gemiddelde weeklikse inkomste van die Versekerde Persoon ten tye van die ongeluk, oorskry nie.
7. Waar bedrae verhaalbaar van die Maatskappy vertraag word in afwagting van die finalisering van enige eis, kan betaling op rekening aan die Versekerde gemaak word, na die Maatskappy se goeddunke, na afloop van die ontvangs van ʼn sertifikaat deur ʼn mediese dokter aangestel deur die Maatskappy.
8. By betaling van ʼn eis kragtens Items 1 tot 2.4 (buiten verlies van gehoor in een oor) of van 100% (een honderd persent) kragtens Item 3 van die Tabel van Permanente Ongeskiktheid, sal hierdie Polis beëindig word ten opsigte van die Versekerde Persoon vir wie sodanige betaling gemaak is.
TABEL VAN PERMANENTE ONGESKIKTHEID
Die volgende persentasies (voordele) sal betaalbaar wees in die geval van Liggaamlike Beserings wat lei tot:
Ongeskiktheid
Persentasie van skadevergoeding
1.
Permanente algehele ongeskiktheid
100%
2.
Permanente en algehele verlies van 2.1 pols, enkel of ledemaat:
Verwydering by, of bokant die pols, of enkel van een/meer ledemate
100%
2.2 oog/oë:
hele oog
sig van oog
sig van oog behalwe waarneming van lig
100% 100% 100%
2.3 gehoor:
albei ore een oor
100% 35%
2.4 spraak
100%
Bladsy | 164 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022