Page 168 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 168

 MET DIEN VERSTANDE DAT:
die aanspreeklikheid van die Maatskappy vir sodanige koste ten opsigte van een enkele eis nie die bedrag van R250 000 (twee honderd en vyftig duisend rand) per Versekerde Persoon sal oorskry nie.
Bykomende doodsvoordeel
Die Maatskappy sal, bykomend tot die Toevallige doodsvoordeel en na voorlegging van ʼn geldige doodsertifikaat van ʼn Versekerde Persoon, ʼn bedrag van R15 000 (vyftien duisend rand) per Versekerde Persoon aan die Versekerde uitbetaal.
Familie/werker se mediese uitgawes
In die geval van ʼn Toevallige Liggaamlike Besering aan enige eggenoot, afhanklike kind of huishoudelike werker van ʼn Versekerde Persoon (in hierdie Uitbreiding verwys na as `sodanige persoon’) as gevolg van ʼn motorvoertuigongeluk terwyl, sodanige persoon saam met die Versekerde Persoon in enige private motorvoertuig ry, wat deur die Versekerde besit of gehuur word, sal die Maatskappy enige Mediese Uitgawes betaal wat daaruit voortspruit en aangegaan is deur sodanige persoon;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die Maatskappy ʼn maksimum bedrag sal betaal van R50 000 (vyftig duisend rand) vir enige een sodanige persoon vir ieder en elke eis, en onderhewig is aan ʼn maksimum bedrag van R200 000 (twee honderd duisend rand) in enige enkele 12 (twaalf) maande versekeringstydperk;
2. die Maatskappy nie aanspreeklik is vir die eerste R250 (twee honderd en vyftig rand) van ieder en elke eis nie;
3. die Maatskappy slegs aanspreeklik sal wees vir die bedrae wat meer is as die bedrae betaal of betaalbaar kragtens enige ander Polis of kragtens enige Mediese Hulpskema, of Padongelukfonds of anders bekend, of soos gewysig deur wetgewing;
4. indien die Besigheidsure-beperking van toepassing is, is hierdie Uitbreiding nie van toepassing nie.
Gebiedsgrense
Dekking is oral in die wêreld van toepassing, tensy andersins beperk deur ʼn endossement en/of memorandum tot hierdie Afdeling.
Hervestigingskoste
In die geval waar dit nodig is om ʼn afgestorwe of permanente ongeskikte Versekerde Persoon as werknemer te vervang, sal die Maatskappy die Versekerde skadeloosstel vir die volgende onkoste, wat nie die bedrag van R150 000 (een honderd en vyftig duisend rand) oorskry nie, aangegaan deur die Versekerde, in verband met enige enkele Persoon per gebeurtenis, van wie daar vereis word om meer as 100 km (een honderd kilometer) te verhuis:
1. hervestigingskoste vir sodanige persoon, sy/haar familie, meubels en troeteldiere; en
2. 75% (vyf en sewentig persent) van die werklike verlies wat veroorsaak is deur die gedwonge verkoop van sodanige persoon se private woonhuis onderhewig daaraan dat sodanige verlies bepaal word deur ʼn onpartydige waardeerder aangestel en betaal deur die Maatskappy.
Kaping/skaking/ontvoering
In die geval van die onwettige beslaglegging of wederregtelike uitoefening van beheer oor enige lugvaartuig of vervoermiddel (insluitende die bemanning daarvan) waarin die Versekerde Persoon reis, of die skaking of ontvoering van die Versekerde Persoon, sal die dekking in terme van die Tydelike Algehele Ongeskiktheid afdeling van die Polis van krag wees vir die duur van sodanige gebeurtenis, of 12 (twaalf) maande vanaf die datum van sodanige gebeurtenis, watter een ook al die kortste tydperk is.
Indien Tydelike Algehele Ongeskiktheid verseker is, sal die Maatskappy die kaping, skaking of ontvoering van ʼn Versekerde Persoon as ʼn eis vir Tydelike Algehele Ongeskiktheid beskou;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die Maatskappy se aanspreeklikheid beperk is tot die tydperk van die kaping, skaking of ontvoering of 12 (twaalf) weke, watter een ook al die kortste is;
2. geen vergoeding sal betaalbaar wees indien enige lid van die Versekerde Persoon se onmiddellike familie betrokke is by die kaping, skaking of ontvoering as ʼn hoofpersoon of as ʼn medepligtige nie.
Groep persoonlike ongevalle
  Bladsy | 166 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022










































































   166   167   168   169   170