Page 169 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 169
Groep persoonlike ongevalle
Kindersorg
In die geval van Toevallige Liggaamlike Besering aan:
1. ʼn Versekerde Persoon se kind wat as gevolg van ongeskiktheid gereelde sorg en aandag benodig;
2. ʼn Versekerde Persoon of sy/haar gade wat as gevolg van ongeskiktheid verhoed word om sorg aan ʼn kind te gee;
sal die Maatskappy aan die Versekerde Persoon R300 (drie honderd rand) per dag betaal, gedurende die tydperk van sodanige ongeskiktheid;
MET DIEN VERSTANDE DAT: die Maatskappy sal:
1. nie aanspreeklik wees vir die eerste sewe (7) dae van ieder en elke eis nie;
2. slegs aanspreeklik wees vir ʼn tydperk van nie langer as 28 (agt en twintig) dae ten opsigte van ieder en elke eis nie;
3. slegs aanspreeklik wees vir ʼn maksimum bedrag van R15 000 (vyftien duisend rand) ten opsigte van enige Versekerde Persoon in enige een 12 (twaalf) maande versekeringstydperk, ongeag die aantal kinders wat die Versekerde Persoon het;
4. slegs aanspreeklik wees vir ʼn maksimum bedrag van R100 000 (een honderd duisend rand) per Polis in enige 12 (twaalf) maande versekeringstydperk;
5. nie aanspreeklik wees vir enige eis ten opsigte van ʼn kind wat ouer as 16 (sestien) jaar is nie;
6. slegs aanspreeklik wees indien aaneenlopende behandeling en sorg van ʼn gekwalifiseerde, geregistreerde mediese praktisyn nodig is vir die toestand wat die kind of ouer(s) ongeskik gelaat het;
7. slegs aanspreeklik wees indien die kind ʼn permanente inwoner by die Versekerde Persoon is.
Kwadruplegie
Wanneer die Maatskappy ʼn eis van Permanente Algehele Ongeskiktheid erken het, en as ʼn direkte oorsaak van die Toevallige Liggaamlike Besering daar gevolglik ʼn volledige verlamming van al vier ledemate van die Versekerde Persoon is, sal die Maatskappy, bykomend tot enige bedrag betaalbaar vir Permanente Algehele Ongeskiktheid, ʼn verdere 25% (vyf en twintig persent) van die voordeel betaal vir Permanente Algehele Ongeskiktheid onderhewig aan ʼn minimum bedrag van R100 000 (een honderd duisend rand) tot ʼn maksimum bedrag van R1 000 000 (een miljoen rand).
Lewensondersteuning
Ondanks enigiets vervat in die Omskrewe Gebeurtenisse, sal die 24 (vier en twintig) maande tydperk daarin vermeld nie enige tydperk of tydperke insluit waar, sodanige persoon se dood vertraag word uitsluitlik deur die gebruik, vir ʼn tydperk of tydperke van nie minder as 3 (drie) opeenvolgende dae, van lewensondersteunende masjinerie, toerusting of apparate nie.
Lewensondersteuningstoerusting
Die Maatskappy sal betaal vir die redelike koste en uitgawes wat deur ʼn Versekerde Persoon aangegaan is as gevolg van ʼn Toevallige Liggaamlike Besering ten opsigte van die huurgeld vir lewensondersteunende masjinerie, toerusting en apparate;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die aanspreeklikheid van die Maatskappy kragtens hierdie Uitbreiding beperk sal wees tot ʼn bedrag van R100 000 (een honderd duisend rand) ten opsigte van enige een Versekerde Persoon vir ieder en elke gebeurtenis.
Liggaam vervoerkoste
In die geval waar daar ʼn geldige eis ten opsigte van Toevallige Dood is, sal die Maatskappy die redelike en noodsaaklike uitgawes betaal wat aangegaan is, vir die vervoer van die Versekerde Persoon se oorskot na sy/haar normale woonplek;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die aanspreeklikheid van die Maatskappy nie R75 000 (vyf en sewentig duisend rand) vir enige een Versekerde Persoon sal oorskry nie.
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 167